Huisgenoot

Dokkie bekyk gebeure ná Di se dood

Twee dekades later bekyk ’n nuwe dokkie die gebeure ná haar dood

- Saamgestel deur SANDY COOK

VANDAG, byna 20 jaar later, kan mense wêreldwyd nog presies onthou waar hulle was toe hulle die skoknuus hoor dat prinses Diana, die beroemdste vrou ter wêreld, in ’n motorongel­uk dood is. Op 31 Augustus sal dit 20 jaar wees sedert sy kort ná middernag daardie Sondagogge­nd in ’n botsing in ’n tonnel in Parys, Frankryk, dood is en prinse William en Harry hul geliefde ma op net 37 verloor het.

In die afgelope twee dekades het die belangstel­ling in haar lewe en tragiese einde nie vervaag nie, soos uit talle boeke en rolprente daaroor blyk. In ’n nuwe Britse dokumentêr, Diana: 7 Days That Shook the Windsors, word die nadraai van die ongeluk bekyk wat miljoene mense in rou gedompel het.

Dit bied ’n boeiende blik agter die skerms op die reaksie van die koningsges­in, Diana se familie, die regering en die publiek op haar dood – en onthul hoe prins Charles op sy eksvrou se sterfdag harder vir haar baklei het as in enige stadium gedurende haar lewe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa