Huisgenoot

SO KAN LAND HERSTEL

-

Ek sit hier op ’n Sondagmidd­ag en dink aan die afgelope naweek se gebeure en oor die week wat voorlê. Môre gaan ons gesin ons paspoorte en ID-kaarte afhaal; ons gaan moontlik emigreer.

Hoekom? vra ek my af. Dit het vroegoggen­d tydens godsdiens begin. Die do- minee het oor depressie gepraat. Ek dink weer oor die naweek se koerantber­igte. Korrupsie, staatskapi­ng en geweldsmis­daad het die mooi dinge in die lewe vervang. Ek glo vas dat die probleme in ons land bydra tot die depressieg­evalle.

My groot vraag is: Ek en my vrou is albei 48 jaar oud en het ’n jong gesin. Ek en my gesin wil nie langer depressief en bang wees nie. Hoe lank moet ons wag voor ons ons geliefde land verlaat om ons kinders in ’n veiliger omgewing en ’n beter ekonomie groot te maak?

Keer terug na ware Christendo­m en ons almal sal die mooi van die lewe saam kan ervaar. Dit sal ons leiers verryk met antwoorde op die land se probleme. DIE DE WETS, WESKUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa