Huisgenoot

LEEF EN LAAT LEEF OP DIE PAD

-

EK RY onlangs op een van Kaapstad se snelweë in die regterbaan om ’n vragmotor verby te steek. ’n Motoris kom blitssnel van links af en skuur tussen die vragmotor en my motor deur. Ek trap liggies rem en gee die siel ruimte om deur te druk, want ek is ’n “leef en laat leef ”-bestuurder. Ek was nie altyd so nie, maar ’n voorval jare gelede het my padmaniere ten goede verander. Ek was op ’n snelweg in Johannesbu­rg en het gesukkel om in die linkerbaan te kom sodat ek die volgende afrit kon neem. Ek het nogtans my flikkerlig aangeskake­l– en sowaar, die motoris links van my het spoed verminder om vir my ’n gaping te maak. Die bestuurder het breed vir my geglimlag en gewys ek kan maar voor hom inskuif. Ek sal dit altyd onthou.

Daardie dag het ek besluit om ’n “leef en laat leef ”-bestuurder te wees en nie ’n “hond vreet hond”-een nie. Vir my het dit al die spanning uit motorbestu­ur geneem en ek is nou op pad ’n gelukkiger mens.

Nou vra ek almal op ons land se paaie: Is jy ’n “hond vreet hond”- of “leef en laat leef ”-bestuurder? CYRIL, LANGEBAAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa