Huisgenoot

DÍT WEET ONS VAN DIE GEBEURE

-

Henri se weergawe: Op die eerste dag van die verhoor het Pieter ’n pleitverdu­ideliking van Henri voorgelees waarin hy vertel ’n man met ’n klapmus het sy ouers, broer en suster aangeval. Henri het glo met die man baklei, maar dié het by die agterdeur uitgevlug. Henri het op die trap flou geraak, en toe hy wakker word, was dit reeds aan die lig word. Hy het die nooddienst­e gebel.g

Die byl: Die wapen was opvallend bekend. Die Van Breda’s het in die opwaskamer in hul kombuis ’n byl gehad wat nes die wapen lyk, het Precious Munyongani, hul huishulp, getuig. Sy het die dag voor die aanval by hulle gewerk, maar niks vreemds opgemerk nie.

’n Bakleiery: Stephanie Op’t Hof, ’n buurvrou, het t getuig sy het die nag van n die aanvalle ’n aanhoudend­e, harde stryery uitt die rigting van die Van Breda-huisreda-huis gehoor gehoor. Die verdedigin­g voer aan die Van Breda’s het die fliek Star Trek into Darkness gekyk en dat dit die geraas was wat sy gehoor het. Stephanie hou by haar getuienis.

Noodoproep­e: Die eerste mens wat Henri gebel het, was sy destydse meisie, Bianca van der Westhuizen. Van 04:24 af het hy haar meermale gebel, maar haar foon was op vlugmodus en het nie gelui nie. Later die oggend het Henri vir haar ’n boodskap gestuur: “Emergency, please pick up your phone,” maar sy het eers later teruggebel. En hoekom het Henri haar juis gebel? Bianca meen hy het niemand anders gehad nie.

Om 07:12 het Henri uitgekom by Janine Philander, ’n noodlynope­rateur. “Hy’t huiwerig geklink en gegiggel. Ek het gedog dis ’n poets,” het sy getuig. “Hy was agterna

kalm.”kalm Volgens haar was die oproepopr anders as dié wat menseme normaalweg maak wanneerwa hulle aangeval is. “Hulle“Hu is gewoonlik rasend, gillend,gil skreeuend, in trane . . . Hulle kan ook nie hulhu eie nommer onthou nieni en is verward.” E Eerste op die toneel:

MetM sy aankoms kon sers. Adrian Kleynhans sien Goskestraa­t 12 se deur staanst effens oop. Toe hy nader staan, het Henri te voorskyn gekom. “Hy was senuagtig, maar het nie gehuil nie.” Volgens hom het Henri na drank geruik en het hy hom gevra om buite te sit. Die huis het nie vir hom gelyk na een waarby ingebreek is nie; waardevoll­e items het rondgestaa­n. Op die eetkamerta­fel het hy ’n skootreken­aar gesien wat ingeprop was, asook ’n handsak. Die TV was ook nog daar. Hy het ’n bebloede byl op die trap sien lê.

In sy onderbroek: Die polisie het die broek en sokkies gevat wat Henri aangehad het en hom glo in sy onderbroek gelos. Hy is na ’n dokter geneem en toe na die speurders se kantoor, waar hy gehou is. Volgens sy pleitverdu­ideliking het kol. Deon Beneke, Stellenbos­ch-speurhoof, gesê hy “glo nie ’n woord van sy b*******-storie nie”.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa