Huisgenoot

ENCHILADA-GEBAK

-

Die enchiladas kan tuis gemaak en dan net by die kampeerter­rein gebak word. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 20 min. (vooraf) Bak: sowat 15 min. ENCHILADAS 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk ’n bietjie olie 750 g ekstramaer beesvleis 5 ml (1 t) elk fyn komyn en

paprika sout en peper ’n hand vol koljanderb­lare 1 x 400 g-blik ingemaakte ta

maties, Mediterree­nse geur 6 tortillas 375 ml (1½ k) beleë cheddar,

gerasper ’n paar kersietama­ties,

gehalveer AVOKADO-SALSA 1 avokado, in stukkies gesny 80 ml ( 1/ k) mieliepitt­e 3 1 klein ui, gekap appelasyn sout en peper

1 Enchiladas Braai die ui en knoffel in die olie tot sag. Voeg die maalvleis, speserye en koljanderb­lare by en braai tot geurig. Voeg die tamaties by en meng deur.

2 Verdeel die maalvleis tussen die tortillas, sprinkel ’n bietjie kaas oor en rol toe.

3 Pak styf teen mekaar in ’n hittebesta­nde bak, skep die tamatiemen­gsel op en sprinkel die kersietama­ties en die res van die kaas oor. (Bedek met tinfoelie en hou verkoel tot jy dit nodig kry.)

4 Plaas die bak in ’n warm skottelbra­ai, sit die deksel op en “bak” tot die kaas gesmelt het. Dit kan op ’n soortgelyk­e wyse op ’n rooster oor die kole gaargemaak word.

5 Avokado-salsa Meng al die bestanddel­e en sit voor saam met die enchilada.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa