Huisgenoot

(Van vorige bladsy)

-

Aanlyn beleggings­platforms: Hierdie instrument­e, waaronder Easy Equities en Satrix, is ’n gerieflike manier om onder meer regstreeks in aandele te belê, maar Thomas waarsku dat jy dan eers deeglik navorsing moet doen om teleurstel­ling te voorkom.

Sulke aanlyn platforms gee die deursnee-verbruiker­ondermeer“gedeelteli­ke” blootstell­ing aan die aandelemar­k, sê Will. Dit beteken jy het nie duisende rande nodig om in aandele te belê nie.

Jy kan natuurlik ook in ander bateklasse buiten aandele belê en heeltyd sien hoe jou beleggings vorder. Maar jy moet dit gereeld monitor en op die hoogte bly van nuwe inligting.

Eiendom: Jykan’nbykomende­eiendom soos ’n meenthuis of woonstel aanskaf met die oog op ’n huurinkoms­te of herverkoop teen ’n wins, sê Nico. Maar mik na iets met lae heffings, dienstarie­we en eiendomsbe­lasting.

As jy nie kans sien vir huurder- of instandhou­dingsprobl­eme nie, kan jy ook belê in genoteerde eiendom, dit wil sê aandele in of effektetru­stblootste­lling aan eiendomme soos woonstel- en kantoorblo­kke en winkelsent­rums. Danksy voortduren­de verstedeli­king behoort dit ’n taamlik veilige belegging te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa