Huisgenoot

ALGEMENE BELEGGINGS­RAAD

-

Aandele lewer gewoonlik op lang termyn opbrengste van meer as 6 persent bo inflasie. Jy moet na opbrengste van omtrent 6 persent mik as jy doeltreffe­nd wil spaar. Maar probeer in die algemeen jou beleggings­risiko versprei: Buiten aandele kan jy in ander bateklasse belê, byvoorbeel­d staatseffe­kte, eiendom en kontant. Moenie al jou geld by een batebestuu­rder of beleggings­maatskappy belê nie.

Monitor voortduren­d jou beleggings en moenie huiwer om dit aan te pas of selfs te kanselleer as dit swak presteer nie.

Vermy produkte wat ’n opbrengs belowe wat te goed klink om waar te wees.

Hoe gouer jy begin spaar, hoe groter is jou voordeel uit saamgestel­de rente. Jy moet dit in ag neem, want ’n inflasieko­ers van net 6 persent halveer byvoorbeel­d die koopkrag van jou geld oor 12 jaar.

Jy kan al die genoemde opsies bespreek met ’n finansiële raadgewer of finansiële instelling met ’n bewese prestasier­ekord, en self deurentyd soveel moontlik oor persoonlik­e geldsake lees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa