Huisgenoot

SPYT OOR AFFAIRS

-

Ek is lank getroud en het al kleinkinde­rs. Weens probleme uit haar kleintyd het my vrou tydens ons huwelik baie affairs gehad. Sy het my vertel. Ek is bevrees dit het my ook in dié bose kringloop laat beland en ek het ook affairs aangeknoop. Vandag sien ek hoeveel skade dit my kinders aangedoen het en ek voel skuldig daaroor. AK op DG

Selfverwyt is ’n tweesnyden­de swaard tensy jy daarvan werk maak. Jy kan nie die verlede se foute ongedaan maak nie, maar jy kan ’n pad stap om die pyn te probeer verlig wat jy veroorsaak het.

Die waarheid kan jou bevry, maar dikwels maak dit ook seerder as jy heeltemal oop kaarte sou speel. Maak afsprake met elk van jou kinders. Sê vir elkeen hoe spyt jy oor jou optrede is sonder om te veel besonderhe­de te verstrek, anders kan dit onnodig ou wonde oopkrap. Moenie op jouself fokus nie, maar op ’n oplossing. Vra vergifnis en vra jou kinders hoe julle ’n nuwe pad saam kan stap. Jy moet bereid wees om dinge te hoor waarvan jy dalk nie weet nie en wat jy nie graag wil hoor nie. Stel die voorbeeld vir jou vrou sonder om van haar te verwag om dieselfde te doen. Werk nou eers aan jou verhouding met jou kinders, en laat wat gebeur jou lei om jou huweliksve­rhouding te herstel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa