Huisgenoot

SPEK-EN-KAAS-BIERBROODJ­IES

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 10 min. Bak: 25-30 min.

750 ml (3 k) meel 15 ml (1 e) suiker 15 ml (1 e) bakpoeier 5 ml (1 t) sout 5 ml (1 t) rooipeper 250 ml (1 k) gerasper

de cheddar 200 g spekstukki­es,

bros gebraai 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 1 x 330 ml-blik bier

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 4 blikkies of 1 broodpan goed met kossproei.

1 Meng die meel, suiker, bakpoeier, sout en rooipeper in ’n mengbak. Voeg die kaas, spek en knoffel by en meng goed.

2 Maak ’n holte in die middel van die meel- mengsel en giet die bier by. Roer tot goed gemeng.

3 Verdeel die deeg tussen die blikkies of skep dit in die broodpan. Bak 25-30 min. of tot goudbruin en tot ’n pennetjie skoon uit die middel van die brood kom.

4 Sit voor saam met botter en nog rooipeper, indien verkies.

Vir ’n sakpas vegetaries­e broodjie, vervang die spek met ’n hand vol gekapte, gemengde kruie en 5 ml (1 t) gedroogde brandrissi­evlokkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa