Huisgenoot

OFFICE CHRISTMAS PARTY

-

2016. 101 min. 16TDS. Komedie. R129*. Josh (Jason Bateman) en Clay (T.J. Miller) probeer keer dat Clay se suster, Carol (Jennifer Aniston), koste besnoei deur onder meer bonusse te weerhou en die jaarlikse Kersparty te verbied. Clay gaan sonder toestemmin­g voort met die partytjie, maar dit ruk handuit en verval in orgies, dwelmmisbr­uik en saakbeskad­iging. Bateman, Miller en Aniston doen hul bes met die vergesogte storie, maar die hand vol snaakse oomblikke kan nie vergoed vir ’n fliek wat liewer nie die lewenslig moes aanskou het nie. – MORNÉ VAN ROOYEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa