Huisgenoot

UNDERWORLD: BLOOD WARS

-

2016. 88 min. 16GTS. Gruwelaksi­e. R139*. In die vyfde aflewering van die reeks vra Semira (Lara Pulver) van die Eastern Coven Selene (Kate Beckinsale) se hulp om te veg teen die Lycans, wat ál sterker word onder hul nuwe leier, Marius (Tobias Menzies). David (Theo James) red Selene toe sy verraai word, en hulle kry koers na die Nordic Coven, waar ’n dodelike stryd woed en oeroue geheime onthul word. Dié prent is opwindend, die pas is vinnig en daar is genoeg kinkels om jou vasgenael te hou. Vrae uit vorige aflewering­s word ook beantwoord. – CHEZ POOL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa