Huisgenoot

WAT WYS NOG?

TONI ERDMANN

- – LEON VAN NIEROP

Swart komedie. Met Sandra Hüller en Peter Simonische­k. Regisseur: Maren Ade. Ouderdomsp­erk onbekend. Begin op 16 Junie.

Hierdie Duitse rolprent en The Salesman was die twee gunsteling­e om die Oscar vir beste buitelands­e rolprent te wen, maar laasgenoem­de het met die louere weggestap. Toni Erdmann sou net so ’n goeie kandidaat gewees het. ’n Eksentriek­e pa wat sy stywelip-dogter wat in die korporatie­we wêreld werk poetse bak om haar te laat ontspan, bewerkstel­lig ’n versoening tussen hulle. Gitswart humor, skokkende seksuele tonele, naaktheid en uitstekend­e spel kenmerk hierdie aweregse rolprent. Net vir kunsfoendi’s.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa