Huisgenoot

WAT KOM?

VASELINETJ­IE

-

Helena “Vaselinetj­ie” Bosman (Marguerite van Eeden) is ’n wit weeskind wat by haar bruin oupa en ouma in die township van ’n Noord-Kaapse dorpie woon. Haar lewe word skielik op sy kop gekeer toe die welsyn haar wegneem na ’n weeshuis in Gauteng waar sy te doen kry met verstoting en wreedheid.

Sy moet aanpas by die stadslewe, waar lunsrieme, uitvaagsel­s en kort van draad matrones haar lewe regeer. Helena word deur haar verlede gekonfront­eer, maar vind gou uit dit kan nie die toekoms bepaal nie.

Vaselinetj­ie, gegrond op die gelyknamig­e topverkope­rroman deur Anoeschka von Meck, begin op 22 September in plaaslike rolprentte­aters draai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa