Huisgenoot

THE SEARCH FOR EVERYTHING

JOHN MAYER

- – MPHO TSHIKHUDO

Die internet glo blykbaar John Mayer se jongste album, The Search for Everything, is ’n ode aan sy eks, Katy Perry. So byvoorbeel­d word die openingsni­t, Still Feel Like Your Man, as ’n intieme erkenning beskou dat hy nie oor Katy is nie.

Die swaarmoedi­ge You’re Gonna Live Forever laat dit ook klink asof dit biografies­e elemente bevat. John noem nie enige naam nie, maar ons kan in ’n sekere mate aflei oor wie hy sing.

Talle resensente het dié album as agtergrond­musiek afgemaak, maar dis ’n heel skaflike poging. Dit kan natuurlik nie kers vashou by vorige werke soos Battle Studies nie, maar bly ’n bobaas-album. Luister veral na Love on the Weekend.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa