Huisgenoot

DIE KROKODIL WAT VIR WATER GEGRIL HET

Deur Gemma Merino (Human & Rousseau, R145*)

-

Wat ’n oulike storie oor sukkel om in te pas en om te ontdek wat jou sterk punte is!

Die krokodille­tjie is bang vir water en weet nie hoekom nie. Hy het al saam met sy boeties en sussies in die water probeer speel, maar kry dit nie reg nie. Hy kan boomklim, maar kan nie in die water spring sonder om te sink nie.

Dan kry hy verkoue, en toe hy nies, word dit ’n reusevuurb­al. Hy is die hele tyd ’n draak! Hy is dus gemaak vir vlieg, nie swem nie, en neem terstond sy sibbes op ’n vaart deur die lug.

Die illustrasi­es is lieflik! My driejarige Luke kon nie genoeg kry van die groot prente dwarsdeur die boek nie. Ek dink baie kinders het kleintyd ’n vrees vir krokodille (daar’s dalk een in die bad of die swembad). Luke is een van hulle en was gefassinee­r deur hierdie krokkie wat nie kon swem nie en het aanmekaar gevra waarom hy nie van water hou nie.

Die storie het ons albei baie herinner aan die klassieke verhaal van die lelike eendjie.

Toe ek Gemma Merino google, sien ek daar is nog sulke soort stories uit haar pen – ek sal dit beslis aanskaf. – NICOLA SMITH

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa