Huisgenoot

SKAARSER-AS-SKAARSTE OEWERKONYN VAN DIE KAROO

Storie en illustrasi­es: Louisa Punt-Fouché (CF-uitgewers, R250). Bestel by: louisepunt@gmail.com

-

“Pondhaas, vleihaas, doekvoet die langoor-sagvoet-skaam diertjies skugter-skaam in die diep Karoo skaarser-as-skaarste oewerkonyn.”

Die boek lyk soos ’n kinderboek (en kan sekerlik vir hulle gelees word), maar dis ook ’n soort fabel waardeur die lot van die oewerkonyn onder volwassene­s se aandag gebring word. Daar is na raming net sowat 250 volwasse oewerkonyn­e oor, wat die dier een van die mees bedreigde soogdiere ter wêreld maak.

Die skrywer, Louisa PuntFouché, onder meer ’n kliniese sielkundig­e en “behoeder en bewaarder van diere”, en haar man het die stad verruil vir die Kredouw-olyfplaas in die Prins Albert-vallei. Sy skryf: “Dankie aan die oewerkonyn­e op die Kredouwpla­as wat hulself aangekondi­g het toe ek die eerste keer op die plaas gaan stap het.”

As sy hulle regtig gesien het, is sy een van die min bevoorregt­es, want dié konyn wys nie maklik gesig nie. – ELNA VAN DER MERWE

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa