Huisgenoot

GOGGAS EN SOOGDIERE

Lapa, R130 elk

-

My seuntjie, Daniël (2), is versot op die Goggas-boek. Hy wil weet waar elke gogga se oë is, sy mond, wat hy eet en wat hy doen. Die konsep van kamoefleri­ng is een van sy gunsteling­e: “Mamma, daai wurm (uitgespree­k ‘willem’) is nie ’n poefie nie; dis ’n wurm!” en “Nee, dis nie ’n blaar nie, Mamma, dis ’n mot!”

Vir my is dit lekker om die Afrikaanse name van die goggas te lees: die swaelstert­vlinder, die stekelrige posman (’n posmanvlin­der se ruspe), die kameelperd­kalander, fakkelvlin­der en die rooiknie-tarantula.

Die groepering­s van die diere in die Soogdiere-boek maak die feite maklik verteerbaa­r: diere wat in gesinne leef, nagdiere, “superdiere” wat in uiterste omgewings oorleef, buideldier­e, diere wat onder die grond woon. Die kolle met “Het jy geweet”-feite op elke blad is baie interessan­t en voeg iets ekstra by elke bladsy se tema. Die speletjies agterin om jou kennis te toets is ’n prettige manier om die feite te onthou.

Die vrae agter het nog ’n golf van belangstel­ling ontlok. – DALENA THERON

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa