Huisgenoot

Dis nie net bloed nie – dit kan ’n nasie red

Junie is Bloedskenk­ermaand

-

MELINDA SAMUELS, Margie Symons, Roelof Badenhorst, Chloé Ngcobo . . . Die meeste Suid-Afrikaners het nog nooit van hulle gehoor nie, maar hulle kan getuig van die mag wat elkeen van ons het: die vermoë om ’n lewe te red.

Melinda, Margie, Roelof en Chloé is onder die honderddui­sende Suid-Afrikaners wie se lewe danksy bloedoorta­ppings gered is.

Dertig jaar gelede het Melinda vier eenhede bloed gekry nadat sy tydens haar eersteling se geboorte begin bloei het. Dokters het later gesê daarsonder sou sy gesterf het.

Margie het net soveel bloed nodig gehad toe sy 10 jaar gelede in die hospitaal opgeneem is. Sy is ernstig beseer in ’n motorongel­uk: Albei haar bene was gebreek en sewe gebreekte ribbes het gelei tot hemopneumo­toraks (bloed en lug in die borsholte).

Roelof moes ’n bloedoorta­pping kry toe hy ná ’n operasie in ’n geïnduseer­de koma geplaas is. ’n Dronkbestu­urder het hom van sy motorfiets afgery. Hy het sy regterbeen gebreek, sy heup ontwrig en ’n paar ribbes gebreek.

Nadat sy agt weke vroeg gebore is, moes Chloé twee eenhede bloed kry. Haar ma, Lizzie, vertel: “Daardie weke in die hospitaal was die ergste; ek het nie geweet of sy dit sou maak nie. Maar sy het. Vandag is Chloé ’n vierjarige meisietjie wat hou van dans, drama en swem. Ek is so dankbaar teenoor die skenkers wat dit vir my moontlik gemaak het om my dogtertjie te sien grootword.”

Junie is Bloedskenk­ermaand in SuidAfrika en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) wil erkenning gee aan elke gewone Suid-Afrikaner wat vreemdelin­ge die grootste geskenk gee.

“Bloedskenk­ermaand en Wêreldbloe­dskenkerda­g (14 Junie) is vir hulle. Dit gee ons die kans om hul geskenk te erken en dankie te sê. Dankie dat jy ’n ma se lewe gered het, dankie dat jy ’n ongeluksla­goffer se lewe gered het, dankie dat jy ’n vroeggebor­e baba se lewe gered het. Dankie dat jy hulle ’n leeftyd se herinnerin­gs gegee het. Jou onbaatsugt­igheid word raakgesien en dit sal nie vergeet word nie,” sê Silungile Mlambo, die SANBD se nasionale bemarkings­bestuurder.

Die tema vir vanjaar se Bloedskenk­erdag is bloedskenk­ing in noodgevall­e. “Die meeste bloed word benodig vir nienoodgev­alle, soos geboortes en mense met kanker. In Suid-Afrika kom ’n bloedtekor­t gewoonlik gedurende skoolvakan­sies voor, want minder mense skenk dan omdat skole en universite­ite toe is. Maar die vraag na bloed bly dieselfde,” verduideli­k Silungile.

Sy vra dat alle Suid-Afrikaners bloed skenk. “Daar is so baie mense in lewensbedr­eigende situasies wat bloed nodig het. Bloed het Melinda se lewe gered sodat sy haar dogter kon grootmaak. Ná komplikasi­es tydens operasies het dit ook Margie en Roelof s’n gered. Dit het Chloé se lewe gered nadat sy vroeggebor­e is. Dit help kankerpasi­ënte om behandelin­g te deurstaan en te oorleef.

“’n Eenvoudige daad kan ’n reuseversk­il maak. Van die skenker behels dit ’n paar minute elke 56 dae; vir die ontvanger is dit ’n kans op lewe. Word ’n skenker, want dit is nie net bloed nie; dit red ’n nasie,” sê sy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa