Huisgenoot

Jy kan probleme tuis en by die werk vermy deur jou woorde te tel

-

As jy ’n stereotiep­e Tweeling is, gebeur dit nie maklik dat jy met ’n mond vol tande sit nie. Tog kan jou kommunikas­ievaardigh­ede jou aan die begin van die week ’n bietjie in die steek laat. Wees veral versigtig in jou beroepslew­e, waar onskuldige leuentjies en misverstan­de baie skade kan aanrig. Jy en jou maat kan ook nou koppe stamp – nog ’n rede om jou woorde te tel. Moenie beloftes maak wat jy nie kan nakom nie. GELUKKIGE NOMMERS 48, 25, 41, 37, 19, 5

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa