Huisgenoot

PITLOSE VRUGTE

-

Met die jare het wetenskapl­ikes allerhande pitlose variëteite vrugte ontwikkel omdat dit gerieflike­r is om te eet. Pitlose vrugte kan nie geplant word nie omdat hulle nie sade het nie; daarom moet hulle op spesiale maniere gekweek word. Pitlose druiwe word byvoorbeel­d van bestaande druiweplan­te (uit die wingerd) gemaak. Die stele van volwasse wingerdsto­kke word skuins in steggies opgesny. Die gesnyde punte word dan in ’n spesiale hormoonpoe­ier gedruk en geplant. Die nuwe plante wat begin groei, is nes die volwasse plant waarvan hulle gemaak is, behalwe dat hulle pitlose vrugte dra.

 ??  ?? Daar is allerhande variëteite vrugte beskikbaar – selfs vrugte sonder pitte, byvoorbeel­d pitlose druiwe.
Daar is allerhande variëteite vrugte beskikbaar – selfs vrugte sonder pitte, byvoorbeel­d pitlose druiwe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa