Huisgenoot

WAT IS PROGERIE?

-

Progerie, oftewel Hutchinson-Gilfordpro­gerie, is ’n genetiese siekte wat veroorsaak dat ’n kind teen ’n versnelde spoed verouder, verduideli­k dr. Engela Honey van die afdeling genetika aan die Universite­it van Pretoria.

Die toestand word deur ’n genetiese afwyking veroorsaak, maar word nie deur een van die ouers oorgedra nie.

Net een uit 4 miljoen kinders word met dié ongeneesli­ke siekte gebore. Lyers se lewensverw­agting is kwalik 14 jaar en hulle is geneig tot hart- en ander siektes wat met ouderdom verband hou.

Die bekendste gevalle in Suid-Afrika was Fransie Geringer van Brakpan, wat in 1989 op 16 gesterf het, en die Kapenaar Leon Botha, wat in 2011 op 26 oorlede is. Ontlametse Phalatse van Pretoria is vanjaar in die ouderdom van 18 jaar oorlede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa