Huisgenoot

ONDERONSIE­S

-

Drake weet blykbaar mooimo hoe om bekendes die harnas in te jaag.

In 2012 was hy glo in ’n bakleiery met CHRIS BROWN (A) betrokke. Die New York-polisie het vyf beserings bevestig, onder meer ’n hou op Chris se ken. Drake se mense het later gesê dit was die rapper MEEK MILL (B) wat in die kroeggeveg betrokke was.

In 2014 het Diddy vir Drake in die gesig gemoker en gegil: “Jy sal my nooit weer minag nie!” Dit was glo omdat Drake ’n instrument­ale snit gebruik het wat Diddy vir ’n ander liedjie vervaardig het.

Kylie Jenner se eks TYGA (C) het in 2014 aan die vermaakweb­tuiste Vibe gesê: “Ek hou nie van Drake as mens nie. Hy is net te vals.” Hierop het Drake aangedui hy hou van die Instagram-foto’s van Tyga se eks Blac Chyna – en hom in twee snitte afgekraak.

En dan is daar die onopgelost­e supervete tussen Drake en Meek Mill wat met ’n twiet in 2015 begin het: “Hou op om Drake met my te vergelyk . . . Hy skryf nie eens sy eie liedjies nie!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa