Huisgenoot

DIE GEPRAKSEER­DE LYKSHUIS

-

Vir net ’n breukdeel van ’n sekonde het ek gedink: Leef sy?

Vir die eerste keer sedert Diana se dood verskyn haar chauffeur, Colin Tebbutt, voor die kamera. Hy vertel van die gebeure in die Pitié-Salpêtrièr­e-hospitaal in Parys toe hy en Paul Burrell, Diana se butler, haar oorskot gaan haal het.

“Ek was bekommerd oor die vertrek, wat baie, baie warm was,” sê hy. “Ons het opgekyk na die venster bo die prinses, en mense op dakke gesien wat probeer foto’s neem. Ek het gevra dat komberse voor die venster gehang word sodat niemand kan inkyk nie.” Colin het waaiers om Diana se liggaam neergesit om dit te probeer koel hou. “Ek het opgemerk haar hare roer – natuurlik was dit van die luggie van die waaiers. Maar vir net ’n breukdeel van ’n sekonde het ek gedink: Leef sy? – wat ’n simpel ding was om te dink. Ek moes vir ’n halfminuut wegdraai in ’n persoonlik­e, emosionele oomblik.”

Paul vertel hoe hy vir die eerste keer vermoed het daar is groot fout toe die prinses nie sy oproep op die nag van die ongeluk beantwoord nie.

“Diana het altyd ’n selfoon in haar handsak gehad en ek het gedink: Dis baie vreemd, want sy antwoord altyd haar foon.”

Toe hy haar lyk in die hospitaal sien, kon hy nie glo sy is dood nie. “Ek het gedink: Sy’s nie regtig dood nie – dis net ’n grap, ’n baie simpel grap, en sy kan wakker word.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa