’N REGTE MAMMA-SE-SEUN
Ons wonder wat SONIA BLOOM (75) van haar seun se nuwe meisie dink. Sonia meng graag by haar beroemde seun se lewe in. Sy het onlangs ’n “bygewerkte en 100 persent akkurate” CV van Orlando na koerante oral in Brittanje gestuur nadat sy keelvol geraak het vir herhaalde onakkuraathede in mediaberigte. Goeiste! Hy is beroemd, maar het skynbaar steeds sy ma nodig . . .