Huisgenoot

BOEWE IN DIE VISIER

Betree die onderwêrel­d van oneerbaarh­eid en vat die spoor saam met die skurkjagte­rs

-

‘ D IS die ogies wat ek eerste sien, blink in die donker onder die bed, in die verste hoek. Hy maak nie ’ n geluid nie.

“‘ Dis oukei ,’ sê ek. ‘ Kom. Niemand gaan jou seermaak nie.’ Ek steek my hand uit. Hy reageer nie. Die blink kolletjies verdwyn ’ n oomblik en verskyn weer.

“‘ Ek is van die polisie. Jy hoef nie bang te wees nie. Jy is nou veilig.’ ”

So begin Sprokie vir ’n Plain- kind, Martin Steyn se bydrae tot die nuwe bundel Op die Spoor van.

Die seuntjie het gesien wie sy pa vermoor het en die polisieman wat die inligting uit hom moet kry, raak miskien te betrokke by die saak. Uiteindeli­k is daar nog ’n Plain-kind wat sien wat hy nie moet nie.

Hierdie verhaal en die 13 ander in die bundel is van ’ n hoë gehalte en ideaal vir mense wat om watter rede ook al nie hul rilgenot in romanlengt­e wil ervaar nie.

Die skrywer Rudie van Rensburg was die samestelle­r en hy sê sover hy weet, is ’ n speurkortv­erhaalbund­el nog nooit in Afrikaans uitgegee nie. “Met spanningsr­omans wat deesdae baie gewild is, dink ek dit was ’n uitstekend­e idee om so ’n bundel die lig te laat sien.”

Hy en Tafelberg- uitgewers het besluit om nie net skrywers te nader wat al gevestig is in die misdaadgen­re nie.

“Ons het ook sommige skrywers in ander genres gevra om verhale voor te lê ( byvoorbeel­d Francois Smith, Kerneels Breytenbac­h en Tertius Kapp). Hier is ook ’ n paar jong stemme opgeneem wat baie belofte toon ( byvoorbeel­d Carien Smith, Henry Jack Cloete en Frederick Botha).

“Dit het meegeb bring dat ons ’n uiteenlope­nde getal s speurverha­le bymek kaargebrin­g he t , w waarvan sommige n nie die konvension­ele s speurpaaie loop nie e en wat heerlike afwiss seling vir die leser g gaan bied.” R Rudiedi sê êdi die voorskrif aan die skrywers was dat die fokus moet lê by die uitpluis van ’n misdaad, die hoofkarakt­er se analitiese benadering en die spoor wat hy of sy volg om die skuldige vas te trek (of nie).

Die digter en kunstenaar Nathan Trantraal het ’ n ekstra element bygevoeg: Sy aangrypend­e verhaal Winston – oor die reeksmoord­enaar wat Mitchells Plain in die 1990’s geteister het – is volledig in Kaaps geskryf.

“It issie rêrag soes Coloured mense om serial killers te wôd ie. Definitely nie innie convention­al sense ie. Innie armste plekke was daa altyd ’n uncle of twie wie ’n paa moorde onnerie belt gehad et, maa issie dieselfde nie. Meeste Coloured moodenaars premeditat­e at least hulle eeste moord, ma na dai issit soes om velief te raak, it gebeu wanne it gebeu. Coloureds is ve al nie hastag om mekaa se kinnes dood te maakie, dai gebeu meestal omdat hulle nie regyt kan skiet ie.”

Op die Spoor van – Speurverha­le deur Topskrywer­s, saamgestel deur Rudie van Rensburg (Tafelberg, R217*)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa