Huisgenoot

SLAGGATE VIR DEKKING

-

V ERSEKERAAR­S het verlede jaar R13,1 biljoen aan eise vir lewensdekk­ingspoliss­e uitbetaal. Ongelukkig is nog R332 miljoen se eise verwerp. Die begunstigd­es van dié polisse het nie ’n sent gekry nie. Ons kyk vandeeswee­k na die topvyfrede­s hoekom eise weggewys word. Moenie in hierdie slaggate trap nie.

1 NIE-OPENBAARMA­KING

Dit is wanneer polishouer­s opsetlik nie volledige inligting oor hul gesondheid, beroep, leefstyl en finansies gee nie, verduideli­k Henk Meintjies van Liberty Life.

’n Voorbeeld is iemand wat aan hoë cholestero­l ly, maar dit nie noem nie omdat dit vanweë medikasie onder beheer is. Eintlik bly cholestero­l ’n risiko, en dan word die mens volgens ’n verkeerde risikoprof­iel verseker.

Partykeer maak mense foute en die versekeraa­r kan hulle tegemoetko­m, maar probleme kom na vore wanneer jy inligting weerhou met die hoop om laer premies of dekking sonder uitsluitin­gs te kry.

Wees liefs eerlik. Meld enige gevaarlike sportsoort­e of stokperdji­es soos valskermsw­eef en skubaduik, of as jou beroep gevaarlik is, soos ’n vlieënier, mynwerker of polisiebea­mpte.

Dit is ’n baie groter risiko vir die waarde van jou polis om iets weg te steek as om bloot uitsluitin­gs te aanvaar, sê Hennie de Villiers van die Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika.

2 ONDERSKRYW­INGSUITSLU­ITINGS

Dit is wanneer die polishouer sterf weens ’n siektetoes­tand wat spesifiek van die lewensvers­ekeringspo­lis uitgesluit was. Lewensvers­ekeraars kan ’n onderskryw­ingsuitslu­iting toepas as die polishouer byvoorbeel­d aan ’n spesifieke siekte soos diabetes ly, maar andersins gesond is. As die polishouer dus in ’n ongeluk sterf, of op ’n ander manier wat nie met diabetes verband hou nie, sal die lewenspoli­s wel uitbetaal. As die sterfte egter met die uitgesluit­e toestand verband hou, sal die sterftevoo­rdeel nie uitbetaal nie.

3 SELFDOOD

Alle lewensvers­ekeraars het ’n uitsluitin­gstydperk van twee jaar vir selfdood. Dis om te keer dat mense lewensdekk­ing uitneem met die voorneme om hulself kort daarna om die lewe te bring.

As ’n polishouer dus sy eie lewe neem binne die eerste twee jaar nadat hy lewensdekk­ing uitgeneem het, sal geen sterftevoo­rdeel aan die begunstigd­es uitbetaal word nie.

Die eise wat verlede jaar weens selfdood verwerp is, het byna verdubbel. Henk sê eise vir selfdood en mense wat hulself beseer, neem dikwels in moeilike ekonomiese tye toe.

4 BEDROG

Eisebedrog gebeur wanneer vals dokumente die lewensvers­ekeraar sover kry om ’n eis uit te betaal aan iemand wat nie op die voordeel gereg- tig is nie. Hennie sê sekere sindikate maak dié soort bedrog hul besigheid. Soms word die misdaad deur die polishouer gepleeg, maar dikwels is die begunstigd­es ook skuldig.

Versekeraa­rs het afdelings wat sulke bedrog uitsnuffel en dan word die eise verwerp.

5 BESTUUR ONDER DIE INVLOED

As die polishouer sterf terwyl hy onder die invloed van alkohol of dwelms ’n voertuig bestuur het, het hy onwettig bestuur. Die versekeraa­rs vind gewoonlik baie gou uit as dit wel die geval was.

Volgens Hennie moet daar ’n direkte verband wees tussen die invloed van drank of dwelms en die ongeluk wat die dood veroorsaak het. Die versekeraa­r moet dit kan bewys. As dit wel bewys kan word en die ongeluk is die versekerde se skuld, sal g’n betaling aan sy begunstigd­e gemaak word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa