Huisgenoot

LYFIES MET SKYFIES

Jy het vir jou geliefde troeteldie­re mikroskyfi­es laat insit, want dan sal hulle met ’n vinnige skandering met jou herenig word. Of sal hulle?

-

ONS het al almal hartroeren­de stories gehoor van vermiste troeteldie­re wat danksy ’ n mikroskyfi­e met hul eienaar herenig is. Maar so wonderlik soos wat dié piepklein toestelle is, het hulle beperkings en vereis ’ n mate van onderhoud van die eienaar se kant af.

Hier is wat jy moet weet.

PRYS Dit kos R100 tot R150 om die mikroskyfi­e in te sit, maar veeartse se prys wissel. Baie dierewelsy­n- en reddingsor­ganisasies sit ook skyfies in. Die skandering van ’n mikroskyfi­e om ’n verlore dier te identifise­er is gratis.

REGISTREER Maak seker jy vul al jou besonderhe­de by die skyfieonde­rneming in, gewoonlik aanlyn. Sonder die besonderhe­de is die skyfie nutteloos. Plak een van die strepiesko­des wat verskaf word in jou veeartsboe­kie op die ruimte wat verskaf word en gee vir jou veearts een om in jou troeteldie­r se lêer te hou.

WERK INLIGTING BY As jy trek of jou foonnommer verander, moet jy die skyfieonde­rneming inlig of jou besonderhe­de op die webtuiste aanpas.

PARTY SKYFIES MIGREER Party skyfies het mikroskopi­ese hakies wat hulle permanent inbed waar hulle ingesit word (gewoonlik tussen die skouerblaa­ie), maar party migreer oor die jare. Daarom is dit belangrik om jou veearts gereeld te laat kyk waar dit is en of dit nog reg lees.

SKANDEER REG Veeartse en skuilings moet onlangse universele skandeerde­rs hê. Party mikroskyfi­es werk op verskillen­de golflengte­s en kan dalk nie deur alle skandeerde­rs gelees word nie, wat dit kan laat lyk asof jou hond nie ’n skyfie het nie terwyl hy wel het. Die skandeer- der-operateurt moet t diedi heleh l lyf l f van diedi gevonde dier skandeer in geval van migrasie. As jou plaaslike skuiling nie die korrekte skandeerde­r het nie ( hulle is duur, sowat R1 800), kan jy aanbied om vir hulle geld in te samel – plaaslike troeteldie­rliefhebbe­rs sal alte graag help.

HALSBAND & PLAATJIE

Die skyfie is net een manier om jou troeteldie­r te identifise­er as hy wegraak. Vertoon altyd jou foonnommer/s duidelik op ’n plaatjie aan jou troeteldie­r se halsband sodat hy duidelik identifise­erbaar is as iemand s’n en nie ’n rondloper nie.

 ??  ?? EenE uit drie troeteldie­re sal in hul leeftyd wegraak. ’n Mikroskyfi­e sal baie help om hulle veilig by die huis te kry. Dit word ingeplant met ’n naald wat groot genoeg is om die ryskorrelg­rootte-skyfie deur te laat.la Vir jou troeteldie­r is dit soos...
EenE uit drie troeteldie­re sal in hul leeftyd wegraak. ’n Mikroskyfi­e sal baie help om hulle veilig by die huis te kry. Dit word ingeplant met ’n naald wat groot genoeg is om die ryskorrelg­rootte-skyfie deur te laat.la Vir jou troeteldie­r is dit soos...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa