‘MY HARE HET UITGEVAL; MY NAELS WOU NIE GROEI – EN TOE AANVAAR EK SY’S DOOD’
Tracy-Lee se ma se wonde oopgekrap
MET haar kort blonde kapsel en grysblou oë her inner die fyn, goed versorgde vrou ’n mens aan ’ n foto wat in baie Suid- Afrikaners se geheue ingebrand is: dié van ’ n tienermeisie wat onder haar ewe blonde, welige kuifie lewenslustig vir die kamera loer.
Vandag, op 42, sou Tracy-Lee ScottCrossley waarskynlik haar ma se ewebeeld gewees het. Maar Noreen Breeds (69) het nooit haar enigste dogter sien grootword nie. Op 1 Augustus 1988, net twee weke ná haar 14de verjaardag, het sy vermis geraak in Randburg, noordwes van Johannesburg. Sy was vermoedelik die eerste van die berugte pedofiel Gert van Rooyen en sy houvrou, Joey Haarhoff, se ses vermiste slagoffers.
Ná byna drie dekades is die raaisel van Tracy-Lee, Fiona Harvey (toe 11), Joan Horn (13), Anne-Mari Wapenaar (12), Odette Boucher (11) en Yolanda Wessels (13) se verdwyning steeds onopgelos. Die onlangse poging van die SABC2aktualiteitsprogram Fokus om hul oorskot te vind kon ook geen antwoorde op die kwelvraag bied nie: Wat het van die ses vermiste meisies geword?
Dit is net meer as ’n week ná die polisie se opgrawings op die Blythedale-strand aan KwaZulu-Natal se noordkus, waar inwoners na bewering twee spoke van blonde meisies gesien het. Nadat hulle Fokus daarvan vertel het, het ’n medium Alet van Rensburg Wright, die program se uitvoerende regisseur, vertel drie van Van Rooyen se slagoffers is onder ’n stormwaterafvoerpyp op dié strand begrawe. Dit is naby Umdloti, waar Van Rooyen en Haarhoff luidens berigte gereeld vakansie gehou het. Tog het die polisie se twee dae lange opgrawings niks buiten kleinerige dierebene opgelewer nie.
“Die hele ding was net vir my bisar,” sê Noreen oor die valse hoop wat opgevlam het. “Dit is soos ’n seer wat ’n roof maak; dan word die roof afgeskeur. Die roof groei weer, net om keer op keer weer afgepluk te word.
“As ek enigiets kon doen om haar terug te bring, sou ek,” sê die ma oor haar vermiste dogter. “God het my sterk gehou. Hy is heeltyd by my. Ek glo die duiwel bestaan, maar ek glo nie in sieners nie. As hulle geweet het waar ons kinders is, hoekom is hulle nog nie gekry nie?”
Dis haar eerste openhartige onderhoud in die 29 jaar sedert Tracy-Lee wreed uit hul gesin se lewe geruk is. “Ek is nie iemand vir die kollig nie. Ek soek nie sensasie nie,” verduidelik sy op ’n koue winterdag in die ruim huurhuis op ’n landgoed in Midvaal, sowat 40 km suid van Johannesburg, waar sy inwoon by haar oudste seun en steunpilaar, Sean (52), en sy gesin.
Vandag verbreek Noreen, ’n afgetrede skoonheids-en-gesondsheidsterapeut, haar dekades lange stilte om standpunt in te neem teen die geweld teen weerlose vroue en kinders. “Dit gaan nie oor my nie. Dit gaan nie eens meer oor TracyLee nie,” sê sy.
“Hoeveel vermiste kinders is daar nie, van alle rasse? Hoeveel kinders moet nog in ons land ontvoer, verkrag en vermoor word? Dit breek my hart, want nadat hulle verdwyn het, hoor jy net nooit weer
van hulle nie.”
OP DIE koffietafel voor haar lê ’n paar foto’s van Tracy-Lee wat die polisie nie destyds by haar gevat het tydens hul landwye soektog na die vermiste meisies nie. Merk jy op hoe baie haar dogter op haar trek, lag Noreen saggies.
“Rêrig? Dink jy so?” vra sy en tel een van die foto’s op. Sy kyk diep in haar geliefde dogter se glimlaggende oë en hare skiet vol trane. Sy het met die jare aanvaar Tracy-Lee is dood, vertel Noreen. Dis die tweede kind wat sy aan die dood moes afstaan. Sean en sy jonger broer was nog klein toe Noreen se derde seun, Hayden, op vier en ’n half maande ná ’n operasie sterf weens ’n seldsame siekte wat sy kolon aangetas het.
Ná die hartseer is Tracy-Lee op 19 Julie
‘Tracy-Lee was ’n sensitiewe kind en ek was baie oorbeskermend teenoor haar’
(Van vorige bladsy) 1974 gebore. Tien jaar ná hul laatlam se geboorte is Noreen geskei van haar destydse man, Paul. En vier jaar later is haar dogter ontvoer.
Sy onthou die dag van Tracy-Lee se verdwyning goed. Getuies het destyds beweer hulle het die tienermeise by die Cresta-winkelsentrum in ’n VolkswagenKewer sien klim. Noreen betwyfel dit. “Dis nie waar nie. Ek glo Tracy-Lee het daardie dag veilig terug by die huis gekom.”
Dan verduidelik sy haar dogter het griep en oogontsteking gehad en nie skool toe gegaan nie, maar later die dag besluit om die paar blokke van hul huis in Queenslaan, Randburg, na die Crestawinkelsentrum te stap. Sy was opgewonde omdat die dokters kort tevore gesê het sy mag weer begin dans. Sy moes vroeërë ophouh nadatd epilepsieil ibhby haar gediagnoseer is. “Sy het moderne dans, klopdans en ballet gedoen,” onthou Noreen.
Sy sou nooit toegelaat het dat TracyLee alleen stap nie, maar sy troos haar daaraan sy is nie, soos die ooggetuies beweer het, by die winkelsentrum ontvoer nie. “Die goed wat sy gekoop het, insluitend die balletkouse, het op haar bed gelê toe ek by die huis kom.”
Noreen was daardie oggend by haar werk, ’n onderneming wat metaal aankoop. Vir die eerste keer vertel sy van die nare gevoel wat haar halftwaalf se kant beetgepak het. Dit was nog voor die dae van selfone en hulle het nie toe ’n huistelefoon gehad nie. Die bekommerde ma is huis toe.
Toe sy daar kom en daar geen teken van haar dogter is nie, het sy dadelik geweet daar is groot fout. Tracy-Lee sou nooit uitgegaan het sonder om ’n briefie te los om te sê waar sy is nie.
Noreen glo Van Rooyen en Haarhoff het haar dogter agtervolg en haar dalk by die huis met ’n slenter gevang dat haar ma in ’n ongeluk of iets was en haar oorreed om saam met hulle te ry.
Hoe die twee tydens die ander meisies se ontvoering te werk gegaan het asook ’n naamlose brief wat sy ’n ruk later in haar posbus gekry het, het haar en die polisie oortuig Tracy-Lee was die pedofiele se slagoffer. In die handgeskrewe briefbri waarop die polisie beslag gelê het,het het gestaan Van Rooyen en Haarhoffho het haar kind gevat. Al kon sy of die polisie nooit vasstel wie die brief geskryfge het nie, is Noreen oortuig daardieda woorde is waar.
“Tracy-Lee was ’n baie sterk meisie. EkE dink net nie sy was voorbereid op watw met haar gebeur het nie. Sy was ooko ’n verskriklik sensitiewe kind en eke was baie oorbeskermend teenoor haar. Ons het alles saam gedoen. Sy was my alles. Sy was my baba. As ek haar net meer voorberei het . . . “Ek bid net sy is dood voor hulle haarh konk seermaak. Ek glo nie sy het langer as drie dae (ná haar ontvoering) geleef nie,” vertel Noreen.
In die dae ná haar verdwyning het almal wat hulle geken het na haar help soek, maar vergeefs. Minstens twee jaar lank ná daardie swart dag was Noreen platgeslaan. “Ek was ’n basket case. My hare het uitgeval; my naels wou nie groei nie; ek kon nie eet nie. Ná twee jaar het ek besef niks gaan haar terugbring nie.”
Sy het die trauma verwerk deur op die Here te vertrou, vertel sy. Al pille wat sy ooit in dié spanningsvolle tyd gedrink het, was om haar wakker te hou sodat sy dag en nag na haar kind kon soek.
“Ek het my kinders baie na aan die Here grootgemaak, en met die jare het ek op Hom vertrou om my deur die goeie en slegte tye te dra.”
Noreen glo Van Rooyen en Haarhoff, wildvreemdelinge vir haar, het Tracy-Lee se ontvoering fyn beplan en moes haar bewegings ’n geruime tyd waargeneem het. “Ek glo glad nie dit was onverwags nie. Ons is dopgehou.”
In die twee jaar ná haar dogter se verdwyning sou dieselfde tragedie ook in ander ouerhuise afspeel. Van Rooyen en Haarhoff is tussen 1988 en ’90 met die ontvoering van minstens ses tienermeisies in die destydse Transvaal en Natal verbind. Tracy-Lee sou die eerste wees, gevolg deur Fiona vier maande later in Desember 1988 in Pietermaritz-