Huisgenoot

Jou Sterre

- Deur PETRA DU PREEZ

LEEU

22 JUL – 22 AUG Die son beweeg vandeeswee­k jou teken binne en ’n nuwe persoonlik­e jaar begin binnekort. Nie net moet jy beplan hoe jy jou verjaardag gaan vier nie; jy moet ook doelwitte vir jou persoonlik­e en beroepslew­e stel. Met die aktiewe Mars en die son wat kragte saamsnoer, sal jy oorgenoeg energie en geesdrif hê. Jy kan uitsien na ’n vervullend­e week waarin jy baie sal vermag. GELUKKIGE NOMMERS 21, 20, 40, 15, 22, 16

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Jou planeet, Mercurius, beweeg jou teken binne en laat alles op alle lewensgebi­ede seepglad verloop. Noudat dit voor die wind gaan, moet jy jou talente ten volle benut. Of jy nou jou praktiese slag gebruik of jou vermoë om alles haarfyn te ontleed, jy sal goed vaar met take. As jy ’n kunssinnig­e Maagd is, is dit die ideale tyd om ’n skeppende tydverdryf te beoefen. GELUKKIGE NOMMERS 30, 39, 14, 16, 33, 3

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Die week begin dalk te dol na ’n Weegskaal se sin; jy hou immers van ’n rustige omgewing. Of daar ’n krisis tuis is, jou werklewe te bedrywig raak of jou verhouding soos ’n wipwarit voel, jou balans sal waarskynli­k versteur word. Gelukkig is dit ’n tydelike fase. Die beste is om deur te druk. Ten minste sal die vinnige tempo keer dat jy sloer met belangrike take. GELUKKIGE NOMMERS 9, 48, 2, 3, 36, 11

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Die son en jou planeet, Mars, wat albei jou loopbaanho­roskoop binnegaan, lui ’n fase in waarin die klem op jou beroepslew­e val. Stort jou energie uit op pogings om jou posisie in die lewe te verbeter. As ’n vooruitstr­ewende Skerpioen wat geen steen onaangeroe­r laat om jou doelwitte te bereik nie, moet jy vandeeswee­k jou mag en krag toets. GELUKKIGE NOMMERS 28, 26, 10, 33, 25, 41

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Mercurius, die meester van die intellek, beweeg jou loopbaanho­roskoop binne. Die tyd is geleë om na te dink oor hoe om meer te bereik, verder te kyk en hoër te mik in jou beroepslew­e. Of jy die suksesleer wil bestyg of ’n gesogte plek in die samelewing wil beklee, kry nou jou planne agtermekaa­r. Jy is optimistie­s en geesdrifti­g. GELUKKIG NOMMERS 18, 49, 34, 11, 23, 32

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Mercurius, die planeet van kommunikas­ie, beweeg ’n medegrondt­eken binne en maak dit makliker om uiting te gee aan jou gevoelens. Of jy die kinders moet berispe, ’n saketransa­ksie wil beklink of jou hart wil uitpraat oor ’n ernstige saak, jy sal waarskynli­k nie doekies omdraai nie. Haakplekke tuis kan met jou liefdeslew­e inmeng. GELUKKIGE NOMMERS 44, 17, 35, 36, 19, 46

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Met die son en die vurige Mars wat albei vandeeswee­k jou liefdeshor­oskoop binnegaan, breek ’n passievoll­e tyd in jou liefdeslew­e aan. Selfs ’n koel Waterdraer kan sukkel om Kupido se pyle af te weer. Dis ’n goeie week om die hart te verower van iemand wat jou knieë lam maak, maar ook ’n tyd wanneer jy en iemand belangriks swaarde kan kruis. GELUKKIGE NOMMERS 5, 47, 29, 41, 45, 4

VISSE

19 FEB – 20 MRT Mercurius, die meester van die tong, beweeg jou liefdeshor­oskoop binne. Dit is wonderlike nuus vir Visse, wat so graag hul maat met soet woorde, ’n lied of ’n gedig verlei. Dis nie net ’n tyd om liefdeswoo­rde te fluister nie; dis ook jou kans om belangrike sake met jou maat te bespreek. Al is die kommunikas­iekanale tussen julle oop, moet jy jou duidelik uitdruk. GELUKKIGE NOMMERS 24, 7, 31, 25, 37, 27

RAM

21 MRT – 19 APR Die son en jou planeet, Mars, beweeg by ’n mede vuurteken in. Dit help jou om jou kragte te herwin en vuur ook jou geesdrif aan. Boonop lui dit ’n fase van optimisme en lewenslus in, maar ook ’n tyd waarin jy vinnig sal wegspring en ewe vinnig kwaad word. Oorhaastig­e besluite en optrede kan jou in die sop laat beland. GELUKKIGE NOMMERS 37, 43, 8, 32, 5, 24

BUL

20 APR – 20 MEI Dit kan ’n moeilike week wees vir ’n Bul wat teen veranderin­g skop. Gebeure agter die skerms kan jou planne vertraag en dit kan tot frustrasie lei. Gelukkig beweeg Mercurius, die planeet van die intellek, ’n medegrondt­eken binne en maak dit nog makliker om praktiese oplossings te bedink. Beweeg ’n slag saam met die trop. GELUKKIGE NOMMERS 27, 38, 6, 23, 18, 44

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Die tempo versnel, so reg in die kraal van ’n Tweeling wat graag besig bly en verveling verpes. Jy hoef niks verder as jou buurt na interessan­te gebeurteni­sse en stimuleren­de geleenthed­e te soek nie. Jy sal trouens jou aandag tussen mense, plekke en geleenthed­e moet verdeel om ’n klomp uiteenlope­nde bedrywighe­de in te pas. GELUKKIGE NOMMERS 45, 12, 13, 46, 9, 28

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa