Ons land se grootste riviere
Ons waterarm land deel ses van sy handjie vol groot riviere met buurlande
RIVIERE is ’n baie belangrike deel van die Suid-Afrikaanse ekostelsel. Dit is ’n natuurlike hulpbron – dis ’ n bron van water vir mense en diere. Ons gebruik die water uit riviere as drinkwater en om damme vol te maak. Party boere gebruik water uit riviere om hul landerye te besproei. Riviere kan selfs gebruik word om elektrisiteit op te wek.
Baie ander lewende dinge is ook afhanklik van riviere, soos plante, insekte, voëls, varswatervisse en diere. Riviere is ’n bron van kos en skuiling. Hierdie lewende wesens speel verskillende rolle in die rivier se ekostelsel, soos om die rivier skoon te hou en kos aan ander diere te voorsien. Riviere vervoer water en voedingstowwe in die grond en speel ’n belangrike rol in die watersiklus.
Op ’n kaart van Suid-Afrika sal jy sien baie van ons belangrikste riviere word op ’n grens met een van ons ses buurlande aangetref, of selfs op die grens tussen twee provinsies. Lank gelede het riviere help bepaal waar een land ophou en ’n ander begin. Suid-Afrika deel ses riviere met buurlande: die Limpopo, Oranje, Caledon, Molopo, Nossob en Olifants.
Wanneer ’n rivier op die grens tussen twee lande voorkom, is albei lande daarvoor verantwoordelik om die rivier te beskerm en te bewaar. Riviere begin hoofsaaklik in hoë gebiede, soos berge of heuwels, en mond dan uit in die see, ’n dam of selfs in ’n woestyn se sandveld. Riviere kan ook by ’n onderwaterbron ontstaan.
ORANJERIVIER
Suid-Afrika se langste rivier ontspring in die Drakensberge in ons buurland Lesotho, waar dit as die Senqurivier bekendstaan. Dit is 2 200 km lank en vloei weswaarts tot in die Atlantiese Oseaan by Alexanderbaai.
Die eerste inwoners van Suid-Afrika het dit die Gariep genoem, maar in 1779 het die Nederlanders dit na prins Willem V van Oranje hernoem. Die rivier vorm deel van die internasionale grens tussen Suid-Afrika en Namibië.
Die Gariepdam naby Colesberg is SuidAfrika se grootste dam. Die Oranje is ’n belangrike bron van hidroëlektriese krag by die Gariep- en Vanderkloofdam.
Verskeie aktiwiteite, soos landbou, mynbou en nywerhede, is afhanklik van die Oranje. Diamante word in die riviermond ontgin. Dis ook ’n gewilde bestemming vir ’n sportsoort soos kanovaart.
NOSSOBRIVIER
Die KhoiKhoi van die NoordKaap het dié rivier die Nossob gedoop, wat “swart rivier” beteken. Dit is sowat 740 km lank en is gewoonlik droog, maar kan sporadies kort tye vloei wanneer baie goeie reënval oor die gebied uitsak.
Waar die Nossobrivier Namibië in die Kalaharistreek verlaat, vorm dit gedeeltelik die grens tussen SuidAfrika en Botswana. Die oorsprong van die rivier is in die Otjihaverabergreeks oos van Windhoek, en sy pad loop langer as 200 km deur die Kgalagadioorgrenspark tot by die Tweerivierenkamp in die suide van die park, waar dit by nog ’ n droë rivier, die Auobrivier, aansluit.
MOLOPORIVIER
Dié sowat 960 km lange rivier dien as grens tussen SuidAfrika en Botswana, waar dit suidwes vloei na die Oranjerivier, wat op sy beurt in die Atlantiese Oseaan uitmond. Die water in die Moloporivier vloei baie stadig omdat die helling waarteen dit kuswaarts vloei nie baie steil is nie. Vloede is uiters skaars omdat ’n groot deel van die rivier deur die Kalahariwoestyn loop, wat baie van die water in die reënseisoen opvang. In die afgelope 100 jaar verhoed sandduine by Noenieput die rivier om by die Oranjerivier uit te kom. Die grootste damme in die rivier is die Setumoen Disanengdam, albei naby Mafikeng.
CALEDONRIVIER
Die Caledonrivier begin in die Drakensberge van Lesotho en vorm deel van die internasionale grense tussen SuidAfrika en Lesotho. Dit vloei by Bethulie naby die Gariepdam in die Oranjerivier.
VAALRIVIER
Die grootste sytak van die Oranjerivier is ook die derde langste rivier in SuidAfrika. Sy oorsprong is by Breyten in Mpumalanga. Dit is ongeveer 1 120 km lank. Die Vaalrivier sluit in die NoordKaap by die Oranjerivier aan. In die reënseisoen word die rivier vaal vanweë al die silt in die water, en dit is waar die naam vandaan kom. Dié rivier is ’ n belangrike waterbron vir boere en nywerhede in die Vrystaat en Gauteng.
LIMPOPORIVIER
Dié rivier se 1 750 km lange loop begin in Gauteng. Dit vloei eers noordoos, draai ooswaarts en vloei later suidoos na die Indiese Oseaan. Dit is die naasgrootste rivier in SuidAfrika. Nes die Oranje vorm die Limpopo ’n grens tussen SuidAfrika en sy buurlande, in sy geval Botswana en Zimbabwe. Die rivier begin waar twee van sy sytakke, die Krokodilen Groot Maricorivier, bymekaarkom. Nog belangrike sytakke is die Notwanerivier van Botswana en die Olifantsrivier.
Sowat 14 miljoen mense wat in die rivierkom woon, is van die Limpoporivier afhanklik. Meer as 1 500 myne en net soveel verlate myne word in die riviervallei aangetref. Die Limpopo kan groot verwoesting saai wanneer dit oorstroom. Dit begin noordoos van Cathcart in die OosKaap waar die Swarten WitKeirivier saamvloei. Die GrootKei kronkel 320 km ver heelpad tot by Keimond in die Indiese Oseaan. Vissers hengel graag by die riviermond; ander probeer hoër op in die rivier kabeljou vang.
Die GrootKei het ’n opvangsgebied van sowat 20 600 km² en is van historiese belang vir die mense van die OosKaap. Die rivierloop volg ’n pragtige roete wat gewild is onder toeriste. Die belangrikste damme in die rivier se loop is die Wriggleswade en Bongolo.