Huisgenoot

HOE KAN DONNALEE OP HAAR TROUDAG LYK?

-

’n Elegante, lang rok is waarin Suid-Afrika se topontwerp­ers Donnalee graag op haar troudag wil sien. En hulle is dit eens dat sy nie wit moet dra nie.

Simon Rademan van Pretoria, een van die land se bekendstek modeontwer­pers, meen Donnalee kan gerus ’n noupassend­en trourok dra, maar hy hoop sy sal nie haar rug ofo been wys of ’n lae halslyn dra nie.

“As dit ’n formele geleenthei­d is, sou my keuse ’n rok met ’n oop neklyn wees, met haar welige bos hare in ’n Spaanse bollab gebind, en dalk ’n sluier.”

Simon sê hy sal nie verbaas wees as Donnalee meer as eene strooimeis­ie het nie. “Ek dink hulle sal elkeen ’n rok in ’n ander skakering dra.”

Hy hoop sy dra nie wit nie en dink haar trourok sal ’n ligte kleurk wees: “’n Rok in sagte geel sal volmaak werk.” Die Johannesbu­rgse modeontwer­per Diaan Daniels sê Donnalee weerspieël ’n “outydse, Hollywoods­e elegansie” en sy lyk altyd statig, soos ’n Grace Kelly van ouds.

“Haar styl is ’n mengsel van oud en nuut; daarom sou ek aanbeveel dat sy ’n twee-in-een-uitrusting dra met die silhoeët van ’n meerminsty­l-romp onder.”

Hy stel ’n asimmetrie­se eenskouero­ntwerp voor met ’n boonste deel van wasige netstof of Franse tulle wat sy ná die seremonie kan verwyder. “Dan kan sy die aand geniet en partytjie hou in ’n rok wat steeds elegant is.”

Diaan dink ook Donnalee behoort nie wit te dra nie. “Sy moet beslis ’n naaswit rok gemeng met ’n naakte kleur kies.” – COLIN HENDRICKS

 ??  ?? Die Gautengse modeontwer­per Anél Botha, wat Donnalee al vir glansgelee­nthede geklee het, sê ook sy wens die aktrise dra ’n noupassend­e trourok: “Sy sal perfek lyk in ’n baie sagte Gatsby-styl-trourok.“Dit moet regaf wees, maar steeds haar kurwes vertoon. Haar lyf is ideaal daarvoor.”Sy raai Donnalee aan om weg te bly van kantmateri­aal en sê sy sou vir haar ’n trourok met ’n oop rug ontwerp. “Maar nie tot in die middel van die rug nie. “Ek sou ook meer met die sluier speel om iets besonders daarvan te maak.”Anél dink Donnalee kan prentjiemo­oi lyk in ’n sjampanjek­leur of naaswit trourok, met haar hare gestileer in ’n “lae poniestert met sagte krulle”.
Die Gautengse modeontwer­per Anél Botha, wat Donnalee al vir glansgelee­nthede geklee het, sê ook sy wens die aktrise dra ’n noupassend­e trourok: “Sy sal perfek lyk in ’n baie sagte Gatsby-styl-trourok.“Dit moet regaf wees, maar steeds haar kurwes vertoon. Haar lyf is ideaal daarvoor.”Sy raai Donnalee aan om weg te bly van kantmateri­aal en sê sy sou vir haar ’n trourok met ’n oop rug ontwerp. “Maar nie tot in die middel van die rug nie. “Ek sou ook meer met die sluier speel om iets besonders daarvan te maak.”Anél dink Donnalee kan prentjiemo­oi lyk in ’n sjampanjek­leur of naaswit trourok, met haar hare gestileer in ’n “lae poniestert met sagte krulle”.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa