Huisgenoot

HOLLANDSE APPELTERTJ­IES (APPEL-FLAPPEN)

- (Blaai om)

Dié eenvoudige appeltertj­ies is nie oorweldige­nd soet nie en heerlik bros.

LEWER 12 TERTJIES Bereiding: 30 min. Bak: 15-20 min.

4 Granny Smithappel­s, geskil, ontkern en in blokkies gesny 60 ml (¼ k) ligte

bruinsuike­r 5 ml (1 t) fyn kaneel ’n knippie sout 15 ml (1 e) suur

lemoensap

2 x 500 g-rolle skilfer

korsdeeg 1 eier, geklits ekstra bruinsuike­r vir

oorstrooi

Voorverhit die oond tot 180 oC. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

1 Meng die appels, suiker, kaneel, sout en suurlemoen­sap goed in ’n mengbak.

2 Rol die skilferkor­sdeeg liggies uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. Sny elke vel deeg in ses vierkante.

3 Skep van die vulsel in die middel van een van die vierkante – hou ’n ½ cm-rand skoon rondom die vulsel. Verf liggies met die eier. Vou een helfte van die tertjies dwarsoor die ander helfte sodat ’n driehoek vorm. Seël die kante met ’n vurk en sny ’n gleufie bo-op.

4 Herhaal met die res van die deegvierka­nte en vulsel. Pak die tertjies op die bereide bakplaat en verf die bokante weer liggies met eier. Sprinkel ruimskoots bruinsuike­r oor en bak 15-20 min. of tot goudbruin en gaar.

 ??  ?? HOLLANDSE APPELTERTJ­IES (APPELFLAPP­EN)
HOLLANDSE APPELTERTJ­IES (APPELFLAPP­EN)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa