Huisgenoot

GEBAKTE GROENTE-STAMPPOT

-

Regte Hollandse trooskos. Dit word tradisione­el voorgesit saam met gerookte varkworsie­s. Hier is ons gebakte weergawe.

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: ongeveer 1 uur

30 ml (2 e) olie 1 ui, gekap ¼ kopkool, gesnipper 6 aartappels, geskil en in

kwarte gesny 4 wortels, geskil en in

skyfies gesny 250 ml (1 k) hoender

aftreksel 250 ml (1 k) water ’n hand vol pietersiel­ie,

fyn gekap 2 ml (½ t) fyn neutmuskaa­t sout en vars gemaalde

peper 1 eier, geklits 60 ml (¼ k) botter, gesmelt VIR VOORSIT 15 ml (1 e) olie 1 ui, in skyfies gesny 4 gerookte worsies,

in skyfies gesny

Voorverhit die oond tot 200 oC. Bespuit ses indivi- duele oondbakkie­s of een grote met kossproei.

1 Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die ui tot geurig. Voeg die kool, aartappels en wortels by en meng goed.

2 Giet die aftreksel en water by en bring tot kookpunt. Sit die deksel op en kook tot die groente sag en al die vloeistof weggekook is. Voeg nog ’n bietjie water by, indien nodig.

3 Haal van die hitte af en druk die groente fyn. Roer die pietersiel­ie en neutmuskaa­t by en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. Roer die eier by en skep in die bereide bak of bakkies.

4 Maak die groente glad bo-op en verf met die botter. Bak 30 min. of tot goudbruin bo-op.

5 Vir voorsit Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot goudbruin. Voeg die worsskyfie­s by en braai tot bruin. Geur met die vars gemaalde peper.

6 Versprei die worsies oor die groentegeb­ak en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa