Huisgenoot

AARTAPPEL-PIZZA

-

Die beoordelaa­r en sjef Nic van Wyk se gunsteling­pizza het ’n dun kors met buffelmelk-mozzarella­kaas, tamatiesou­s, salami, ansjovis en kappertjie­saad op. Soms wyk hy hiervan af om iets nuuts te probeer, soos dié pizza met jong aartappelt­jies en gerookte mozzarella­kaas.

LEWER 2 MIDDELSLAG­PIZZAS Bereiding: 20 min. Staan: 15 min. Gaarmaak: 20 min.

GOU-GEREEDPIZZ­ADEEG 700 ml koek- of

witbroodme­el 5 ml (1 t) sout 250 ml (1 k) water

(louwarm) 5 ml (1 t) suiker 1 x 10 g-pakkie kitsgis BOLAAG 350 g jong aartappel

tjies 45 ml (3 e) olyfolie 2 knoffelhui­sies, gekap 1 rooi-ui, in dun skyfies

gesny 150 g gerookte mozza-

rellakaas, gerasper 10 ml (2 t) gekapte vars roosmaryn of salie sout en vars gemaalde

swartpeper 30 ml (2 e) vars gerasperde parmesaank­aas

Voorverhit die oond tot 220 oC. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

1 Gou-gereed-pizza

deeg Plaas die meel en sout in ’n groot mengbak.

2 Meng die louwarm water, suiker en gis in ’n maatbeker en roer tot dit opgelos is.

3 Maak ’n holte in die middel van die meel en giet die gismengsel in. Gebruik ’n vurk en meng tot die deeg ’n bal vorm.

4 Plaas die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak en knie 5 min. tot dit glad is. Draai toe met kleefplast­iek en laat 10-15 min. op ’n warm plek staan.

5 Bolaag Kook die aartappelt­jies 5 min. in soutwater. Dreineer en laat afkoel. Skil af en sny in dun skyfies.

6 Verhit 30 ml (2 e) olyfolie in ’n braaipan, voeg die aartappels en knoffel by en braai 5-8 min. tot die aartappels sag is.

7 Rol die pizzadeeg uit, plaas op ’n bakplaat en verf met die orige olyfolie. Strooi die ui oor en rangskik die aartappelt­jies boop. Strooi die mozzarella­kaas en die roosmaryn of salie, sout en baie swartpeper bo-oor.

8 Bak 15-20 min. tot goudbruin. Sodra die pizza uit die oond kom, strooi parmesaank­aas en nog swartpeper oor.

 ??  ??
 ??  ?? KOKKEDOORT­JIE SAAMGESTEL DEUR ERRIEDA DU TOIT. FOTO’S: WERNER HEFER EN IAN DU TOIT (HUMAN & ROUSSEAU, R239*)
KOKKEDOORT­JIE SAAMGESTEL DEUR ERRIEDA DU TOIT. FOTO’S: WERNER HEFER EN IAN DU TOIT (HUMAN & ROUSSEAU, R239*)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa