Huisgenoot

huisvlieg Die

Dié insek is irriterend, grillerig en versprei siektes, maar kan ook van nut wees

-

DIE meeste mense sal saamstem vlieë is ’n pes. Hulle zoem om jou kop, kom sit in jou kos of op die vensterban­k in die kombuis. Boonop is daar derduisend­e verskillen­de spesies. Maar selfs gewone huisvlieë dien ’n doel – hulle is kos vir ander spesies, soos voëls, paddas en slange.

Die huisvlieg ( Musca domestica) is dalk een van die mees algemene insekte wat ’n mens teëkom, en met goeie rede. Vlieë word byna oral aangetref waar mense is. Dis net in Antarktika en dalk ’n paar afgeleë eilande in die Poolstreke waar geen vlieë is nie. Vlieë is gewoond daaraan om saam met mense en diere te 3 leef; daarom is hulle aangepas om te oorleef in enige habitat waar mense woon.

Soos mense met die eeue per skip, vliegtuig, trein of perdekar na nuwe plekke gereis het, het vlieë altyd saamgegaan. Wetenskapl­ikes glo die huisvlieg het ontwikkel in die Senosoïese era (mees onlangse tyd), wat 65 miljoen jaar gelede begin het, en moontlik in die Midde-Ooste, van waar dit oor die wêreld versprei het.

Vlieë is nie net irriterend nie; hulle versprei ook siektes. Die huisvlieg floreer op goed wat ons as vuil beskou: vullis, dieremis, riool en ander grillerige dinge. Jy sal hulle ook aantref op komposhope, waar dooie plantmater­iaal en verrottend­e groente en vrugte is. Vlieë het die slegte gewoonte om siektes saam met hulle van plek tot plek te dra.

’n Huisvlieg sal op ’n hoop mis land en dan vlieg na waar jy besig is om te braai en op jou tjoppie of aartappels­laai rondloop. Meer as 100 mense- en dieresiekt­es word deur huisvlieë versprei. Dit sluit in cholera, salmonella, tifus en parasities­e wurms. Mense gebruik allerlei gifstowwe om van vlieë ontslae te raak.

 ??  ??
 ?? Huisvlieg-eiers op ’n snytjie ham gelê. ?? Maaiers (larwes) op ’n dooie slang. Larwes verander in papies. ’n Huisvlieg leef enigiets van twee weke tot ’n maand.
Huisvlieg-eiers op ’n snytjie ham gelê. Maaiers (larwes) op ’n dooie slang. Larwes verander in papies. ’n Huisvlieg leef enigiets van twee weke tot ’n maand.
 ??  ?? 1 2 (1) Nes bye help vlieë blomme bestuif. Maar hulle moet lig loop, want sommige plante, soos die venusvlieë­vanger, vang insekte (2), en party spinnekopp­e, soos dié blomspinne­kop (3), kruip weg tussen die bloeisels en wag hul prooi in.
1 2 (1) Nes bye help vlieë blomme bestuif. Maar hulle moet lig loop, want sommige plante, soos die venusvlieë­vanger, vang insekte (2), en party spinnekopp­e, soos dié blomspinne­kop (3), kruip weg tussen die bloeisels en wag hul prooi in.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa