Huisgenoot

DIE LEWENSIKLU­S VAN ’N HUISVLIEG

-

Die huisvlieg gaan deur vier fases in sy lewensiklu­s: eier, larwe (wat ’n maaier genoem word), papie en volwasse vlieg. Elke wyfie kan tot meer as 500 eiers lê in haar taamlik kort leeftyd van twee weke tot ’n maand.

Sy lê sowat 100 tot 150 eiers per keer, dikwels op of naby verrottend­e vleis, soos dié van dooie diere. Binne ’n dag sal larwes begin uitbroei wat leef van dooie en verrottend­e materiaal soos vullis.

Sodra hulle groot genoeg is (sowat twee tot vyf dae), kruip die larwes na ’n koel, droë plek, verander in rooibruin papies en kruip dan ’n paar dae later as volgroeide vlieë uit hul dop.

Met hul twee vlerke kan huisvlieë op en af, na elke kant en selfs agteruit vlieg. Vlieë het harige, klewerige pote en kan op byna enige oppervlak loop, selfs onderstebo teen die plafon.

Vlieë kan nie juis vinnig vlieg nie. Hulle het ’n gemiddelde spoed van sowat 7 km/h. In stedelike omgewings, waar baie mense en dus vullis is waarop huisvlieë kan oorleef, hoef hulle nie ver te vlieg nie. ’n Huisvlieg se gebied sal daar oor net 1 km strek. Op die platteland sal huisvlieë tot 7 km en verder vlieg op soek na rommel.

Vlieë het nie tande nie, maar hul bek kan kos soos ’n spons insuig. Daarom kan hulle net vloeistoww­e vreet, maar hulle kan soliede kos in vloeistof verander deur daarop te spoeg of op te bring.

Hul braaksel bevat verterende stowwe wat die kos in vloeistof verander. ’n Huisvlieg se tong lyk soos ’n strooitjie sodat hy sy kos kan opsuig. Vlieë kan enige nat of verrottend­e kos vreet, maar hou veral van troeteldie­re se mis omdat dit skerp ruik en hulle dit maklik kan opspoor.

Tog dien vlieë ook ’n belangrike doel in die aarde se ekostelsel­s. Hoewel hulle nie so hard werk soos bye nie, speel vlieë ook ’n belangrike rol deur blomme te bestuif: Hulle vreet die nektar en stuifmeel en word tot blomme aangetrek wat soos ver- rottende vleis of mis ruik. Vlieë help boonop organiese materiaal, soos verrottend­e kos, vinniger afbreek.

Die larwes van sommige vlieë vreet ook net skadelike bakterieë en skei ’n ensiem af wat help dat wonde vinnig gesond word. Daarom word dié vlieë gebruik om wonde skoon te vreet. Daar is bewyse dat die Maja van Sentraal-Amerika en die Australies­e inboorling­e maaiers (larwes) gebruik het om wonde skoon te maak.

Een van die eerste geskrewe verslae oor larweterap­ie kom van die Franse dokter Ambroise Paré. Hy het reeds sowat 500 jaar gelede in die 16de eeu brommers se maaiers gebruik om soldate se koeëlwonde vinniger te laat genees omdat hulle die wond skoon vreet.

 ??  ?? ’n Boer voer huisvlieë op ’n huisvliegp­laas in China. Die huisvlieg svlieg kan ’n bron weeses van noodsaakli­keike bestanddel­e in die ontwikkeli­ng van medikasie om verskeie siektes, soos kanker,te behandel, en vlieglarwe­s, wat volop proteïene en...
’n Boer voer huisvlieë op ’n huisvliegp­laas in China. Die huisvlieg svlieg kan ’n bron weeses van noodsaakli­keike bestanddel­e in die ontwikkeli­ng van medikasie om verskeie siektes, soos kanker,te behandel, en vlieglarwe­s, wat volop proteïene en...
 ??  ?? Vlieë is ’n pes waar vee ook al voorkom. Vlieëmaske­rs hou irriterend­e vlieë uit perde se oë, maar sorg dat hulle nogtans kan sien.
Vlieë is ’n pes waar vee ook al voorkom. Vlieëmaske­rs hou irriterend­e vlieë uit perde se oë, maar sorg dat hulle nogtans kan sien.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa