Huisgenoot

Sue die wêreldreis­iger

-

Sy het al 27 lande besoek en drie paspoorte deurgewerk. Wanneer die Proteakolw­er JP DUMINY se vrou, SUE, nie saam met wilde dolfyne swem of skerpioens­osaties eet nie, vlieg sy. Ons het by haar ingeloer en oor haar wêreldreis­e gesels.

Jy was onlangs in China. Was dit nog altyd jou droom om dié land te besoek?

Nee. Ek en my vriendin SHIREEN LOUW beplan so twee keer per jaar ’n vakansie oorsee. Ons vat die aardbol, tol hom en besoek dan die plek waar ons vinger land.

Hoekom het julle besluit om jul eie reisblog te begin?

Reis is ons sielskos; jy leer soveel en dit verbreed jou wêreld. Ons twee deel ’n passie vir reis, om nuwe lande, tradisies en kos te verken en ons ervarings met ander te deel. Ons is ook mal oor fotografie; dus is dit die volmaakte kombinasie.

Wat is van jou gunsteling­bestemming­s wat jy al tot dusver besoek het?

Miami en die Maledive en Karibiese Eilande. Ek iss ’n witsand-see-en-drankie-in-die-hand-meisie.

Wat is van die vreemdste goed wat jy al geëet het op jou reise?

Beslis die skerpioens­osaties wat ek op my onlangse besoek aan China geëet het.

Jy reis ook baie saam met JP as hy saam met die Proteas toer. Verken julle saam?

JP hou nie baie van verken nie; daarom vaar ek diee strate in saam met ons dogter,r,

BELLA (amper 2). Ons hou wel el almal van parke besoek.

 ??  ?? Sy was onlangs by die Groot Muur in China.
Sy was onlangs by die Groot Muur in China.
 ??  ?? BO: Sue en haar vriendin Shireen Louw kamp uit by die Tekapo-meer in Nieu-Seeland. Sy het al in Nieu-Seeland saam met wilde dolfyne geswem. REGS: Saam met haar man, die krieketste­r JP Duminy, en hul dogter, Bella.
BO: Sue en haar vriendin Shireen Louw kamp uit by die Tekapo-meer in Nieu-Seeland. Sy het al in Nieu-Seeland saam met wilde dolfyne geswem. REGS: Saam met haar man, die krieketste­r JP Duminy, en hul dogter, Bella.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa