Huisgenoot

BITTERBALL­EN MET MOSTERD

-

Bitterball­en is ’n gunsteling­kroeghappi­e en word geëet saam met ’n yskoue bier.

LEWER SOWAT 24 BITTERBALL­EN Bereiding: 30 min. Verkoel: sowat 60 min. Gaarmaak: 60 min.

500-650 g beesvleis

stoweblokk­ies sout en vars gemaalde

peper 30 ml (2 e) olie 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies,

fyngedruk 1 wortel, in blokkies

gesny 2 naeltjies 2 lourierbla­re 250 ml (1 k) beesvleis

aftreksel 250 ml (1 k) water 15 ml (1 e) botter 125 ml (½ k) meel KRUMMEL 125 ml (½ k) koek

meel 2 eiers, geklits 250 ml (1 k) brood

krummels olie, vir diepvetbra­ai

SOUS 45 ml (3 e) Dijonmoste­rd 15 ml (1 e) heelkorrel­mosterd

Bespuit ’n bak met kossproei.

1 Geur die beesvleisb­lokkies goed met die sout en vars gemaalde peper. Verhit die olie in die pot van ’n drukkoker en braai die vleis tot bruin. Skep uit en hou eenkant.

2 Braai die ui in dieselfde pot tot geurig en voeg die knoffel, wortel, naeltjies en lourierbla­re by. Roerbraai 5 min. Skep die vleis terug in die pot en giet die aftreksel en water oor.

3 Seël die deksel boop die drukkoker en kook minstens 30 min. of tot die vleis sag is. Haal die lourierbla­re en naeltjies uit. Kook die vleis sonder die deksel tot die vloeistof amper heeltemal gereduseer het.

4 Druk die vleis en groente fyner en roer die botter deur. Sprinkel die meel oor en roerbraai 5 min. tot ’n dik vleismengs­el vorm. Geur met nog sout en peper, indien nodig. Skep uit in die bereide bak en ver- koel tot die mengsel koud en gestol is.

5 Krummel Rol eetlepels van die vleismengs­el in okkerneutg­rootte-balletjies. Rol in die meel, doop in die eiers en rol dan in die krummels. Doop die balletjies weer in die eiers en rol weer in die krummels.

6 Verhit die olie vir diepvetbra­ai en braai die balletjies in sarsies tot goudbruin.

7 Sous Meng die mosterd goed en sit voor saam met die warm bitterball­en.

 ??  ?? BITTERBALL­EN MET MOSTERD
BITTERBALL­EN MET MOSTERD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa