Huisgenoot

STROOPWAFE­L-KOEKIES

-

Die Hollanders is bekend vir hul stroopwafe­ls. Ons maak ’n koekieweer­gawe wat ewe lekker is.

LEWER SOWAT 20 KOEKIES Bereiding: 30 min. Staan: 1 uur 15 min. Gaarmaak: 35-40 min.

1 x 10 g-pakkie kitsgis 80 ml ( k) louwarm

melk 250 ml (1 k) suiker 250 g botter 1 eier 4 x 250 ml (4 k) meel 5 ml (1 t) fyn kaneel ’n knippie sout KARAMEL 250 ml (1 k) goue

stroop 250 ml (1 k) donker

bruinsuike­r 15 ml (1 e) fyn kaneel 50 g botter

1 Meng die kitsgis, melk en 15 ml (1 e) van die suiker in ’n maatbeker. Laat staan 30 min. op ’n warm plek of tot ’n dik laag skuim op die oppervlak vorm.

2 Klop die res van die suiker en botter saam. Klits die eier by.

3 Sif die meel, kaneel en sout oor die botter- mengsel. Voeg die gismengsel by en knie tot ’n sagte deeg vorm. As die deeg nie wil saamkleef nie, voeg ’n bietjie kookwater by.

4 Plaas die deeg in ’n bak en bedek met kleefplast­iek. Laat staan 45 min. op ’n warm plek; die deeg sal ’n klein bietjie rys.

5 Verhit ’n ronde wafelmasji­en en bespuit met kossproei. Breek ’n gholfbalgr­oottestuk koekiedeeg af en rol dit dun uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. Plaas die deeg versigtig op die wafelpan, knyp toe en sny oortollige deeg af.

6 Bak die deeg 7-10 min. in die wafelmasji­en of tot die koekiedeeg goudbruin is. Skep uit en sit op ’n draadrak; die koekie sal bros raak soos dit afkoel. Herhaal met die res van die deeg.

7 Karamel Verhit die goue stroop, suiker, kaneel en botter in ’n kastrollet­jie. Roer tot die suiker opgelos het. Laat prut 10 min. of tot die stroop verdik. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.

8 Smeer van die stroop op ’n wafelkoeki­e. Sit nog ’n wafelkoeki­e bo-op en sny op die lyne om vyf individuel­e koekies te maak. Herhaal met die res van die koekies en die stroop. Berg in ’n lugdigte houer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa