Huisgenoot

VEGANISTIE­SE GROENTEPIZ­ZA

-

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 20 min. Bak: 40 min.

KORS 22 ml (1½ e) kitsgis 250 ml (1 k) sojamelk, verhit tot matig warm 750 ml (3 k) volgraan

broodmeel 90 ml (6 e) olyfolie KAAS

500 ml (2 k) kapok

aartappel 250 ml (1 k) gaar wor

tel, in blokkies gesny 125 ml (½ k) water 80 ml ( k) olyfolie 10 ml (2 t) kruiesout 15 ml (1 e) vars uitgedrukt­e suurlemoen­sap 125 ml (½ k) voedsame gisvlokkie­s (beskikbaar by gesondheid­swinkels) 10 ml (2 t) uiepoeier 5 ml (1 t) knoffelpoe­ier 5 ml (1 t) groente

aftrekselp­oeier ’n bietjie rooipeper

BOLAAG 60 g basiliepes­to 230 g knopie

sampioene 2 knoffelhui­sies,

fyn gekap ’n bietjie olyfolie 25 ml (5 t) olyf-en

roosmaryn-kruie 2 klein rooi-uie,

in ringe gesny 1 elk rooi en geel soetrissie, in blokkies of repies gesny ’n paar swart olywe ’n hand vol vars baba

spinasie, fyn gekerf 125 g kersietama­ties gedroogde origanum 60 g roketblare

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n langwerpig­e pannetjie met kossproei.

1 Kors Los die gis in die warm melk op. Voeg die meel en olie by en maak aan tot dit ’n bal vorm. Laat rys in ’n bak tot dubbel die grootte.

2 Wanneer gereed, rol dun uit en druk in die pannetjie vas. Bak 20 min. Maak nou die kaas terwyl die pizzakors bak.

3 Kaas Plaas al die bestanddel­e in ’n voedselver­werker en meng tot dit ’n gladde roomtekstu­ur het.

4 Bolaag Verwyder die deeg uit die oond en smeer die pizzabasis met die basiliepes­to.

5 Blitsbraai die sampioene en knoffel in ’n bietjie olyfolie en geur met die olyf-enroosmary­n-kruie.

6 Plaas op die pizza en pak al die vars bestanddel­e buiten die roket bo-op en sprinkel die origanum oor.

7 Smeer die kaas bo-oor en bak nog 20-30 min. Verwyder uit die oond en pak die vars roket boop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa