Huisgenoot

OPBEUR-BOBOTIE

-

Edwin Theron, die wenner van Kokkedoort­jie, maak graag dié bobotie met sy sagte geure selfs al het hy nie troos nodig nie, so lekker is dit. Hy verdubbel gewoonlik die resep sodat daar oorskiet is om die volgende dag op roosterbro­od of in ’n jaffle te eet.

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 45 min. 1 dik sny witbrood 250 ml (1 k) melk 1 groot ui, fyn gekap 25 ml (5 t) kookolie 10 ml (2 t) kerriepoei­er 5 ml (1 t) borrie 5 ml (1 t) suiker 40 ml (8 t) suurlemoen

sap

10 ml (2 t) sout ’n knippie peper 500 g maalvleis 2 eiers 15 ml (1 e) blatjang 80 ml ( k) rosyne 3 vars suurlemoen­blare

Voorverhit die oond tot 180 oC. Smeer ’n oondbak.

1 Week die brood in die melk in ’n diep bord.

2 Braai die ui in die olie tot ligbruin. Roer die kerriepoei­er, borrie, suiker, suurlemoen­sap, sout en peper by die ui.

3 Druk die meeste van die melk uit die brood en hou die melk om later te gebruik. Druk die brood fyn met ’n vurk; voeg dit by die uimengsel.

4 Roer die vleis, 1 eier, blat- jang, rosyne en 150 ml van die melk by die uimengsel. Laat die vleismengs­el liggies kook, sowat 8 min. Skep in die oondbak.

5 Klits die oorblywend­e eier en 100 ml melk saam. Giet dit oor die vleis en steek die suurlemoen­blare in, opgerol of sommer net so skuins. Bak 30 min.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa