Huisgenoot

EIER IN ’N AARTAPPELM­ANDJIE

-

Aartappel, of dit gerasper, in skyfies, blokkies of oorskiet is, is gewild vir ontbyt in geregte soos aartappelk­oekies ( hash browns) en Spaanse aartappelo­melette (tortillas). Met dié maklike metode maak Klaredy van Wyk haar rösti-aartappeln­essies binne-in die muffinpann­etjie eerder as op die agterkant.

LEWER 6 MANDJIES Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 45-50 min.

3 groot aartappels, geskil 60 g botter, gesmelt 2 takkies tiemie, blaar

tjies afgestroop sout en vars gemaalde

peper 6 eiers 75 g kaas, gerasper 6 repe streepspek,

brosgebraa­i en gekap gekapte grasuie of

pietersiel­ie

Voorverhit die oond tot 180 oC. Bespuit ’n sesholte-muffinpan met kossproei.

1 Rasper die aartappels met ’n handrasper of ’n voedselver­werker se rasperhegs­tuk. Vou die aartappels toe in ’n skoon vadoek en druk die vloeistof uit.

2 Plaas die fyn aartappels in ’n bak; roer die gesmelte botter en tiemie by. Geur goed met die sout en peper.

3 Voer die holtes van die muffinpan (onderkant en sykante) eweredig uit met die gerasperde aartappel (nie te dik nie).

4 Bak tot die aartappel gaar is en die boonste rand goudbruin en bros,

k – koppie(s) e – eetlepel(s)

sowat 40 min.

5 Skakel die oond se roosterele­ment aan.

6 Breek ’n eier in elke holte en bak 6-8 min. tot die eierwit gestol het. Haal uit die oond en strooi die kaas oor. Rooster in die oond tot die kaas gesmelt is. Strooi die spek oor.

7 Sit voor saam met die grasuie of pietersiel­ie.

 ??  ?? EIER IN ’N AARTAPPELM­ANDJIE
EIER IN ’N AARTAPPELM­ANDJIE
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa