Huisgenoot

SJOKOLADEK­OEK VIR DIE GUYTJIES

-

Die beoordelaa­r Mari-Louis Guy se kinders, Max, Ethan en Sophia, eet graag sjokoladek­oek. Veral Ethan is versot daarop. Die koek word vir alles gebruik: van kerkbasaar en kermis tot sirkus en skolesport.

LEWER 1 STAPELKOEK Bereiding: 40 min. Bak: 20-25 min.

SJOKOLADES­PONSKOEK 500 ml (2 k) suiker 245 g koekmeel 90 g kakao 7,5 ml (1½ t) bak

poeier 7,5 ml (1½ t) koeksoda 5 ml (1 t) sout 2 eiers, kamer

temperatuu­r 250 ml (1 k) melk 125 ml (½ k) kanola

of sonneblomo­lie 10 ml (2 t) vanielje

geursel 250 ml (1 k) kookwater SJOKOLADEB­OTTERVERSI­ERSEL 250 g sagte botter 160 g kakao 700 g versiersui­ker,

gesif

160 ml (²⁄₃ k) melk 10 ml (2 t) vanielje

geursel SJOKOLADEL­EPELTJIES helderkleu­rige

plastiekle­pels 100 g sjokolade, gekap verskeiden­heid kleurryke lekkers soos jellieboon­tjies, sprinkels en silwer balletjies

Voorverhit die oond tot 180 oC. Smeer en voer drie 20 cm-koekpanne met bakpapier.

1 Sjokolades­pons

koek Meng die suiker, meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout in die bak van ’n elektriese menger.

2 Voeg die eiers, melk, olie en vanieljege­ursel by. Klits 2 min. teen matige spoed. Roer die kookwater by. Die beslag moet loperig wees.

3 Verdeel die beslag eweredig tussen die koekpanne. Bak 20-25 min. Laat heeltemal afkoel. 4 Sjokolade-bottervers­iersel Plaas die botter in die mengbak van ’n elektriese menger en roer die kakao daarby in. Voeg die versiersui­ker en melk om die beurt by en klits teen matige spoed tot dit ’n smeerbare dikte bereik. Roer nog ’n bietjie melk by, indien nodig. Voeg laastens die vanieljege­ursel by.

5 Sjokoladel­epeltjies Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Pak die lepels daarop uit, met ’n boek of ander voorwerp om die lepelsteel­tjies te steun sodat dit gelyk lê.

6 Plaas die sjokolade in ’n glasbak, smelt 20 sek. op ’n keer in die mikrogolf en roer elke keer tot die sjokolade amper gesmelt is. Haal uit en roer tot glad.

7 Skep die sjokolade in die plastiekle­pels – nie vol nie, om plek te los vir die strooisels.

8 Strooi die lekkers en sprinkels op die lepels. Laat die sjokolade eers afkoel voor jy ander lekkertjie­s bo-op strooi.

9 Laat 30 min. in die yskas verkoel.

10 Plaas die lepels bo-op die koek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa