Huisgenoot

HOU JOU GEWIG SO IN BEDWANG

-

Hier is van die kliniese voedingkun­dige Jessica Sepel se riglyne vir gesonde gewigsbehe­er:

DOEN DIT

Eet heilsame, vars, voedsame kos. Vermy enigiets in ’n pakkie.

Hou matigheid voor oë met alles wat jy eet. Klein porsies is belangrik. Eet liewer ’n klein bietjie van jou gunsteling­kos as om jou dit te ontsê.

Skep met elke ete die helfte van jou bord vol groen groente.

Vermy verfynde groente-olies. Vervang dit met olyf- en klapperoli­e.

Vermy kos met volop koolhidrat­e met aandete. Jy het nie ’n energie-inspuiting nodig wanneer jy saans begin ontspan nie. Vermy suiker. Sorg dat jy met middagete ook gesonde vette inkry om jou bloedsuike­rvlak te balanseer. Avokado, sade, olyfolie en humus is goeie opsies.

MOENIE . . .

Swig voor diëte wat vinnige gewigsverl­ies beloof nie – die resultate is nie blywend nie.

Daarmee behep raak om jouself te weeg nie; die syfer op die skaal bepaal jou nie.

Die res van die dag afskryf as jy een slegte koskeuse gemaak het nie; vergeet daarvan en konsentree­r dadelik weer op gesonde keuses.

Jouself met ander vergelyk nie; hou dadelik op om bepaalde sosialemed­ia-blaaie te volg wat jou laat sleg voel oor jouself.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa