Huisgenoot

DIE MOETS EN MOENIES VIR NAASTES

-

Eetsteurin­gs ontwikkel meestal tydens puberteit (12 tot 16 jaar), verduideli­k dr. Yael Kadish, senior lektor in sielkunde aan die Universite­it van die Witwatersr­and.

“Anoreksie ontwikkel weens ’n absolute krisis om ’n volwassene te word. Die fondasies in so ’n kind se ontwikkeli­ngsfase was onvoldoend­e,” verduideli­k Yael.

“Die eerste ses maande van anoreksie word ‘die goue ses maande’ genoem – dis wanneer lyers gehelp kan word. Daarna raak dit hulle manier om in die wêreld te wees.”

Ons wou by Yael en dr. Craig Traub, ’n kliniese sielkundig­e van die Sandton Wellness Centre in Johannesbu­rg, weet: Wat moet besorgde mense vir hul geliefdes sê as hulle tekens van anoreksie toon of dit ontwikkel, en wat moet hulle liewer nie sê of doen nie?

MOENIE AFBREEK OF PAAI NIE

Moenie iets afbrekends sê om jou geliefde te skok nie, byvoorbeel­d: “Kyk hoe lelik lyk jy, jy is net ’n geraamte.”

Maar moet ook nie hul aandag probeer aflei nie met ’n opmerking soos: “Kyk hoe mooi is jy.” Craig meen dis gewoonlik nutteloos om anoreksiel­yers te probeer oortuig hulle is ongesond maer.

“Sê liewer: ‘Ek kan sien iets skort met jou. Ek is nie seker jou verhouding met kos is gesond nie.’ Wees vriendelik en medelydend,” is Yale se raad.

MOENIE DREIG OF BELOFTES MAAK NIE

Moet hulle nie dreig nie. Die wortel-en-stokbenade­ring werk nie. Vermy uitsprake soos: “Jy gaan nie fliek as jy nie eet nie,” of: “Jy kan konsert toe gaan as jy eet.”

Wees ferm dog liefdevol, sê Yael. “Nooi die mens uit vir ’n gesprek. Neem die emo- sie daaruit. Sê: ‘Wat jy doen, wys vir my jy voer ’n stryd met iets en jou gesondheid sal daaronder ly.’ ”

GEE DIE FEITE

Dis belangrik om feitelik vir iemand uit te stippel wat die gevolge van anoreksie sal wees, sê Craig. In baie gevalle lei die toestand tot die dood; jy kan dus vir ’n geliefde met anoreksie sê: “Jy kan doodgaan.”

Waarsku hulle ook daarteen dat vroulike lyers eindelik weens gewigsverl­ies borsweefse­l verloor en dan het hulle nie meer borste nie. “Hul maandstond­e hou ook op. Die liggaam begin eindelik van die breinweefs­el af voed.”

WAG VOOR JY ULTIMATUMS STEL

Bogenoemde gesprek moet eerste plaasvind – voor enige ultimatum, benadruk Yael. “Hoe meer rasend en bekommerd die lyer se ondersteun­ers en familie raak,” waarsku Craig, “hoe meer ingegrawe raak lyers in die siekte. Wees sag, kalm en nieverdedi­gend. Anoreksie is hul beste vriend, en dit is moeilik om daardie vriend prys te gee net omdat iemand so sê.”

WANNEER GRYP JY IN?

As die probleem voortduur, sê: “As jy nie meer eet nie, vat ek jou dokter toe om jou te laat weeg; ons is bekommerd.” En doen dit.

Yael en Craig sê albei: Sodra ouers vermoed hul kind het ’n eetsteurin­g, moet hulle met die kind by ’n kliniese sielkundig­e uitkom vir assesserin­g. “Benader dit asof jou kind ’n diabeet of epilepsiel­yer is, iets lewensbedr­eigends.”

Langtermyn­terapie (ses tot sewe jaar) is al wat kan werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa