Huisgenoot

Moenie jouself kosbederfi­es ontsê

Kitsdiëte is nie die oplossing om goed te lyk en voel nie. Eet liewer deurgaans heilsame kos sonder om jouself bederfies te ontsê, is ’n kenner se raad

- Deur LINDSAY DE FREITAS

MET haar glansende blonde hare, sonbruin vel en lenige lyf is sy die toonbeeld van gesondheid. Tog het Jessica Sepel nie altyd so gesond geëet soos dié Suid-Afrikaans gebore kliniese voedingkun­dige en skrywer ander nou aanraai nie.

“Toe ek gesondheid en voedingkun­de begin bestudeer, het ek groot geskrik, want ek het besef ek het jare lank kitsdiëte gevolg,” vertel Jessica (28), wat deesdae in Australië woon.

“Ek het koolhidrat­e, vet en proteïen uitgesny, van Diet Coke, blikkies tuna en kunsmatige versoeters geleef, en gedink hierdie ‘maermaakko­sse’ is gesond.”

Eers toe sy meer oor die werking van die liggaam en die kragtige, genesende aard van kos leer, het sy van “’n kitsdieetv­erslanker in ’n eter van gesonde, heilsame kos” verander. Tog glo sy nie daaraan om haarself lekkernye te ontsê nie.

Op Jessica se besoek aan Kaapstad om voorbrand te maak vir haar nuwe boek, Living the Healthy Life, het Huisgenoot haar gevra om haar wenke te deel oor hoe om ongesonde eetgewoont­es af te leer.

KYK WAT JY KOOP

Een van die grootste klagtes wat sy as voedingkun­dige kry, is dat gesond eet duur is.

Al gee Jessica toe sommige gesonde kosse kan ’n mens ’n bietjie meer uit die sak jaag, is die geheim om te weet wat jy soek wanneer jy gaan kos koop.

“Ek kyk hoe mense inkopies doen,” vertel sy. “Baie mense stap net in die gange rond en gooi goed in wat aanloklik lyk – dis wat ek ondeurdagt­e inkopies noem.”

Moenie ná werk gaan kruidenier­sware koop met die idee om vinnig ’n ete aanmekaar te slaan nie, sê sy. Koop liewer een keer per week die regte kosse en vul jou ys- en koskas daarmee.

“Selfs al is gesonder alternatie­we ’n bietjie duurder, is dit werklik die beste langtermyn­belegging in jou gesondheid wat jy kan maak.”

BEPLAN VOORUIT

Slegte eetgewoont­es spruit dikwels daaruit dat ons kos eet wat maklik te kry en gerieflik is; daarom is die beste manier om dit teen te werk om gesonder alternatie­we byderhand te hou.

“Jy moet seker maak jou huis is gevul met gesonder weergawes van die goed waarna jy dikwels gryp,” sê Jessica.

Sy beveel aan ’n mens hou ’n week lank ’n kosdagboek en gaan dit dan na om al die ongesonde goed te identifise­er. Dink dan aan gesonder alternatie­we daarvoor.

“As jy gedurig witbrood vir middagete eet, koop ’n gesonder brood en hou dit by die werk. As jy gedurig na melksjokol­ade gryp wanneer jy smiddae drieuur flou

voel, hou donkersjok­olade in jou laai.”

DIE 80/20BENADERI­NG

Jessica glo nie daaraan om jouself lekkernye te ontneem nie. “Ek beveel eintlik aan dat mense hulself bederf,” vertel sy.

Sy volg ’n “80/ 20-benadering” tot tk kos plekslk van diët diëte waarmee ’n mens moeilik kan volhou. Dit beteken jy moet 80 persent van die tyd gesond eet en die orige 20 persent mag jy aan jou gunsteling­lekkernye weglê, mits jy matigheid voor oë hou.

Om dit makliker te maak, kan jy die week as die 80 persent beskou wanneer jy gesond eet en naweke as die 20 persent van lekker eet.

“Jy kan dan naweke ’n meer ontspanne benadering tot kos hê en ’n paar glase wyn geniet, maar dit moet steeds ’n matige bederfie wees – eet ’n paar blokkies sjokolade, nie die hele plak nie.

“Ons moet ons brein leer om met matigheid tevrede te wees, want mense weet nie hoe om dit te doen nie,” sê sy.

Dié benadering werk so goed vir haar en haar kliënte omdat dit nie toegespits is op wat taboe is nie, meen sy.

“Ek voel nooit afgeskeep of te na gekom nie. Ek vergryp my nooit aan bederfkoss­e nie, want ek gee myself toestemmin­g om dit te eet. As jy jouself toelaat om lekkernye te eet, smag jy nie soveel daarna nie.” Die Suid-Afrikaans gebore voedingkun­dige Jessica Sepel het Kaapstad onlangs besoek om haar boek Living the Healthy Life bekend te stel.

EETEE JOU KOS AANDAGTIGA­A

“E “Ek het nou die dag ee een van my grootste reë reëls oortree: Ek het de deur Instagram sit en blaai terwyl ek my g gesonde, heil same, vullende ontbyt eet,” bieg Jessica.

“Twintig minute later kon ek nie onthou ek het geëet nie. Ek het onbevredig gevoel en baie lus om nog iets te eet.”

Die sosiale media is nie al wat jy moet vermy terwyl jy eet nie, maar alles wat jou aandag van jou kos aflei, ook die TV.

“Ruim tyd in vir elke maaltyd en geniet dit werklik.

“Bly teenwoordi­g in die oomblik, kou elke mond vol, dan sal jou brein snap: ‘Ek het wel geëet.’ ”

MATIGE OEFENING SONDER SKULDGEVOE­LENS

“Nes met kos is sommige mense behep met oefening. Maar dis ongesond om gestres en skuldig te voel omdat jy nie genoeg oefen nie.”

Oefen is wonderlik vir die liggaam en gees, maar so ook genoeg rus, beklemtoon Jessica. Sy stel ’n breër beskouing van oefening voor – moenie net daaraan dink as ’n uur lange gimsessie nie.

“As jy te min tyd het om te gaan oefen, gaan stap in jou etensuur, doen joga by die huis of ’n paar maagspiero­efeninge. Jou liggaam sal daarop reageer, selfs al doen jy iets gerings.”

’n Halfuur se oefening per dag is piekfyn, of dit nou ’n gimsessie, ’n wandeling of strekoefen­inge is, sê sy. “Wat jy ook al doen,” sê Jessica, “moet jou energiek laat voel, nie doodmoeg nie.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LIVING THE HEALTHY LIFE DEUR JESSICA SEPEL (BLUEBIRD, R249*). BESKIKBAAR TEEN DIÉ PRYS BY TAKEALOT.COM. DIE PRYS WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERHEWIG AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAF KENNISGEWI­NG.
LIVING THE HEALTHY LIFE DEUR JESSICA SEPEL (BLUEBIRD, R249*). BESKIKBAAR TEEN DIÉ PRYS BY TAKEALOT.COM. DIE PRYS WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERHEWIG AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAF KENNISGEWI­NG.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa