Huisgenoot

Liewe Elize

- LIEWE ELIZE As jy ’n persoonlik­e probleem het, skryf gerus aan Liewe Elize, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of elize@huisgenoot.com. Of SMS LIEWE ELIZE gevolg deur jou vraag na 36489. Elke SMS kos R1.

V Ek is in matriek, 18 jaar oud, swanger en bang om my pa daarvan te vertel. My ma is oorlede. Hy sal teleurgest­eld wees in my. Ek en my kêrel het voorsorg getref, maar nou is ek tog swanger. My pa is goeie vriende met my kêrel, maar ek weet hy sal dit geensins goedkeur nie. My kêrel werk al en sy ouers sal ondersteun­end wees. Ons wil die baba hou. BB op K

A Hoe langer jy wag, hoe groter is die gevaar dat jou pa by iemand anders van jou swangerska­p sal uitvind. Dit sal die vertroue tussen julle skend.

Jy moet hom dadelik vertel. Dan kan julle begin planne beraam. Julle het nou almal sekerheid nodig. Besluit saam met jou kêrel oor waar julle gaan woon, hoe julle finansieel vir die baba gaan sorg en hoe julle die koste van die bevalling gaan dra sodat julle voorbereid is op jou pa se vrae.

Moenie jou swangerska­p sommer terloops aankondig nie. Reël ’n afspraak met jou pa en neem jou kêrel saam. Wees reguit wanneer jy die nuus oordra. Gun jou pa sy gevoelens. Luister na hom, moenie hom in die rede val nie en moenie dit wat hy op daardie oomblik kwytraak ter harte neem nie.

Onthou, hy is geskok en kan uit woede dinge sê waaroor hy dalk later spyt sal wees. Hy het waarskynli­k groot verwagting­s van jou gekoester.

Hy sal waarskynli­k wil weet of julle gaan trou. As julle nog nie hieroor besluit het nie, sê eerlik vir hom dat julle nog al die voor- en nadele opweeg. Dit is ’n persoonlik­e besluit en nie een wat julle onder druk moet neem nie. Bespreek vooraf hierdie keuse en neem al die praktiese werklikhed­e in ag sodat julle weet hoe om die vrae te beantwoord.

Vertel daarna jou kêrel se ouers daarvan. As julle wil trou, spreek ’n berader vir voorhuweli­kse berading. Dit is enige kind se goeie reg om twee ouers as versorgers te hê wat aan mekaar toegewy is.

Moenie jou studie afskeep nie. Vind uit wat die skool se beleid is oor swanger leerders en kyk of jy ’n plan kan maak om jou matriekeks­amen te skryf, selfs al moet jy dit tot die hereksamen uitstel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa