Huisgenoot

Lag ’n Slag

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Lag ’n Slag, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam en -kode en rekeningno­mmer).

FOPNUUS

’n Koerantver­koper roep uit: “Bedrogspul! Groot bedrogspul! Negentien slagoffers!”

’n Verbygange­r word nuuskierig en koop die koerant. Hy blaai dit deur, maar sien niks oor ’n bedrogspul nie. Vies skree hy agter die verkoper aan: “Daar staan dan niks in die koerant oor ’n bedrugspul nie!”

Maar die knaap is horende doof terwyl hy verder loop en roep: “Bedrogspul! Groot bedrogspul! Twintig slagoffers!’’ F.H. HORNE, HARTENBOS

GEVAARLIKE HALSSNOER

Die toeris bewonder ’n halssnoer wat ’n bewoner van ’n eksotiese eiland om sy nek dra.

“Waarvan is dit gemaak?” vra die toeris. “Van krokodilta­nde,” antwoord die eilandbewo­ner.

“O, ek veronderst­el daardie tande beteken vir julle net soveel as wat pêrels vir ons beteken,” merk die toeris op.

“O nee,’’ sê die eilandbewo­ner, “enige mens kan ’n oester oopmaak.” LOUISE NOETH

SLIM DOKTER

“Dokter, ek ly aan geheueverl­ies.” “Dan sal jy vooruit moet betaal.” LEON KRUGER

GOEIE KWALIFIKAS­IE

’n Paar weke nadat Doors ’n werk gekry het, ontbied die bestuurder hom na sy kantoor.

“Toe jy om dié pos aansoek gedoen het, het jy gesê jy het ’n B.Com. aan Maties gekry en het vyf jaar ervaring van dié soort werk. Nou ontdek ons jy het absoluut geen kennis of ondervindi­ng nie,” raas die bestuurder. “Wat het jy vir jouself te sê?”

“Wel, jul advertensi­e hét gesê julle soek iemand met verbeeldin­g.” LITA SCHOON

VOORSORG TEEN TEËSPOED

Kallie, Mike en Gerrie ry met ’n Mazda 323 in die reën. Kallie bestuur, Gerrie sit langs hom en Mike sit agter.

In die ry sien hulle ’n reënboog. Hy het gehoor as jy onderdeur ’n reënboog ry, verander alles, vertel Kallie. “Ja,” sê Gerrie, “ooie word ramme, bulle koeie en hane henne.”

Mike is doodstil en luister aandagtig. Toe hulle naby die reënboog kom, spring Mike skielik tot voor in die motor en wriemel tussen Gerrie en Kallie in. “Wat maak jy nou?” wil Kallie weet. “Wanneer ons nou onderdeur die reënboog ry,” sê Mike, “en die kar verander in ’n bakkie, dan sit ek nie alleen agter in die reën nie.” L. SAAYMAN, SABIE

WYSHEID OOR GRYSHEID

Seuntjie: “Hoekom is party van Pa se hare wit?”

Pa: “Want elke keer dat jy my ongelukkig maak, word een van my hare wit.”

Seuntjie: “O, nou verstaan ek hoekom al oupa se hare wit is.” DENISE, PRETORIA

BOSE KILOJOULES

Definisie van kilojoules: Dis daardie klein duiweltjie­s wat snags by jou hangkas inkruip en jou klere kleiner maak! WOLLIE, PRETORIA

GROOT ONREG

’n Man ry op die snelweg. Hy oorskry die spoedgrens, maar omdat almal ewe vinnig ry, dink hy dit sal nie ’n probleem wees nie. Ongelukkig word hy in ’n snelstrik betrap. Nadat die verkeersbe­ampte hom beboet het, sê die motoris: “Meneer, ek weet ek het te vinnig gery, maar hoeveel ander motors het net so vinnig gery? Hoekom word net ek beboet? Dis onregverdi­g.”

“Het jy al ooit visgevang?” vra die verkeersbe­ampte. “Ek het, ja. Maar wat daarvan?” “En het jy al ooit al die visse gevang gekry?” LOUISE NOETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa