Huisgenoot

Hannon gee mans raad oor voorkoms

Die gewilde voorkomsko­nsultant gee topwenke vir mans om op hul beste te lyk

-

SELFS in ons verligte era is mans huiwerig om ooglopend te veel aandag te gee aan hul voorkoms, al wil hulle graag op hul beste lyk en word dit van hulle verwag. Tog kan elke man gerus ’n paar goeie voor voorkomsge­woontes aanleer om goed versorg org te lyk sonder dat hy heeltemal uitstaan.

GEURMIDDEL

Soos ’n sonbril of ’n das is ’n man se geurmiddel ’n verlenging van sy voorkoms. Daarom moet jy tyd inruim om self een te soek wat die beste werk met jou liggaamsch­emikalieë en persoonlik­heid.

Loop ’n uur of twee met ’n nuwe geur wat jy aangespuit het aan jou skoon vel, en besluit dan of jy genoeg daarvan hou voor jy dit koop. Hoeveel jy aanwend, hang van jou per- soonlikhei­d af, maar vra gerus iemand na aan jou of jy moontlik te veel aangespuit het sodat jy in die vervolg weet.

SONSKERM

Mans in die sakewêreld moet ál jonger plek maak vir nuwe bloed; daarom is dit belangrik dat jy solank jy kan jeugdig lyk. Natuurlik is sonskade die hoofoorsaa­k van vroeë verou

dering. ’n Sonskermro­om met ’n faktor van 30 is’n kragtige voorkoming­sen behandelin­gsproduk wat die tekens van Vader Tyd stadiger laat wys. Soek altyd ’n sonskermro­om wat olievry is, want mans hou nie van enige swaar en olierige produkte op hul vel nie.

VARS ASEM

Mondhigiën­e of die afwesighei­d daarvan kan deure vir jou laat oopgaan n of in jou gesig toe- klap. Ongelukkki­g sal niemand jou daarop attent maak nie. Kweek die gewoonte aan om ná elke maaltyd te vloslos en hou maar altyd ’n kougom byderhandd h d vir wanneer jy dubbel seker wil maak.

LIGGAAMSHA­RE

Vestig die gewoonte om gereeld liggaamsha­aronderhou­d te doen. Knip gereeld jou opstaanbaa­rdhare af, sny jou neushare een maal per week, en as jou lyf baie harig is, kan jy dit gerus korter skeer met ’n elektriese skeerder sodat jy langer koeler en varser voel.

JOU WEERKAATSI­NG

Daar is niks verkeerd daarmee nie om elke dan en wan in die spieël te loer en vas te stel of jou voorkoms nog op staandaard is nie, want hoe sal jy andersins weet?

ONTHOU GERUS . . .

’n Man leer goeie gewoontes aan deur slegte gewoontes te verminder of te vermy. Hou byvoorbee byvoorbeel­d by jou eie reël aangaa aangaande hoeveel dran drankies jy jouself to toelaat per gele leentheid en drink g genoeg water daarmee saam om jou te hidreer. Wees bedag waar jy rook en hoe jy ruik sodra jy klaar is, en kyk ook maar waar jy jou stompie gooi – ’n slegte gewoonte is nie ’n verskoning vir slegte maniere nie.

 ??  ?? ’n Mens kan die akteur George Clooney altyd deur ’n ring trek, maar sy styl is gemaklik en natuurlik.
’n Mens kan die akteur George Clooney altyd deur ’n ring trek, maar sy styl is gemaklik en natuurlik.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa