Huisgenoot

Ivan en Donnalee se pad na “vir altyd”

Ivan en Donnalee se vriendskap en werkvennoo­tskap het ná jare tot liefde en ’n verlowing gelei – en kennisse en aanhangers juig

- Deur MARISA FOCKEMA en MARIZKA COETZER

DIT sal nie die eerste keer wees dat hulle met mekaar trou nie. Maarr dié keer is dit ’ n andernder soort “vir altyd”. Die aktrise Donnaleeal­ee Roberts (32) en akteur teur Ivan Botha (31) het et al op die silwerdoek, TV-skerm en verhoog hoog verliefde paartjies gespeel, maar hulle het hoopvolle aanhangers lank laat gis of hulle in die regte lewe ook die pad na mekaar se hart gevind het . . .

Nou is die aap uit die mou en dis amptelik: D Die goue paartjie van die Afrikaanse rolprentbe­dryfrolp is op pad kansel toe!

Vir aanhangers van hul romantiese treffer trefferfli­eks, Pad na Jou Hart en Vir Altyd, is die nuus van hul verlowing soos ’n draa draaiboek wat nou werklik ’n sprokiesei­nd einde sal hê. Die akteurspaa­rtjie het hul verlowings­nuus op 3 Augustus bekendgema­ak en vertel hul vriendskap het in November verled verlede jaar in ’n romantiese verhouding ontlui ontluik.

En t toe hulle in Mei vanjaar in Nederland vakansiev hou, het Ivan haar gevra om vir altyd syne te wees.

DONNALEE se oorlede ouma Lenie kom oorspronkl­ik van dié stamland af; daarom droom sy al lank van ’n besoek aan die land van tulpe en windmeulen­s. Sy h het dié ouma al in die sosiale media beskry beskryf as een van “die elegantste, dapperste perste, inspireren­dste en mooiste vroue (van binneb sowel as buite)”.

Donnalee en Ivan het verskeie foto’s van hul spesiale tyd in Nederland in die sosiale media gedeel. Op die foto’s is hul stralende gesigte en blink oë die toonbeeld van ’n smoorverli­efde paartjie.

“Holland, jy is ongeloofli­k bekoorlik,” het Donnalee geskryf by ’n foto waar sy die land op ’n fiets verken. Sy was veral opgewonde om die pragtige tulpe op haar doenlysie af te merk.

“Kom ons noem dit vir ’n rukkie huis,” het Ivan met hul besoek aan Amsterdam gekoer.

Skaars ’n maand ná hul Nederlands­e kuier het die akteurspaa­rtjie ook vir ’n blaaskans op die tropiese eiland Mauritius uitgespan. Hulle het op Instagram afsonderli­k foto’s van hul tyd hier gedeel.

Ivan se sewejarige dogter, Amelie (uit sy huwelik met die aktrise Ciske Kruger), het dié keer saam met hulle langs die deurskynen­de waters baljaar en die son opgeslurp.

“Donnalee en Ivan is baie gesteld op hul privaathei­d,” het Donnalee se ma, Wilma Roberts, gesê toe ons haar oor haar dogter se verlowing uitvra.

“Hulle deel graag hul werk, maar verkies om hul persoonlik­e lewe privaat te hou.”

Donnalee se antwoord was dieselfde as toe ons haar vroeër vanjaar vra oor die verhouding tussen haar en Ivan: “Wat my persoonlik­e lewe betref, verkies ek om dit privaat te hou.”

’n Goeie vriendin van haar verduideli­k: “Hoewel Donnalee en Ivan in die kollig leef en ’n rol in hul aanhangers se lewe speel, verkies hulle om hul persoonlik­e lewe privaat te hou.

“Wanneer twee mense egte gevoelens vir mekaar het, is dit iets heiligs. En dit wat heilig is, is privaat.”

Nog ’n vriendin van Donnalee vertel sy is al ’n rukkie van die verlowing bewus, maar Ivan en Donnalee was tot baie onlangs net beste vriende en sakevennot­e.

“Ons is verheug hul vriendskap het nou ’n nuwe seisoen binnebewee­g,” vertel Suna Robberts grimeerkun­stenaar, voorkomsko­nsultant en aanbieder van VIA se werklikhei­dsprogram Soensoeker­s. Sy en haar man, André, is reeds jare lank met die paartjie bevriend.

Die Vir die Voëls-aktrise Simoné Nortmann, wat Donnalee al as haar rolmodel beskryf het, sê sy is baie opgewonde oor die nuus.

“Ek gun hulle die wêreld se grootste seëninge. Hulle is ongeloofli­k en albei baie passievol oor storievert­elling.

“Hulle maak ’n mooi paartjie en is gemaklik met mekaar. Dit is nie soos ’n skoolliefd­e nie.

“Hulle het ’n diep liefde en is ook beste vriende. Hulle praat altyd mooi met mekaar en hanteer mekaar met die grootste respek.”

Dis nog onbekendbk d waar en wanneer die paartjie gaan afhaak. Maar met so ’n spesiale verlowings­plek, en aangesien albei privaat is en flieks maak wat romantiese siele se hartsnare roer, wonder ons of dit nie iewers ver weg op ’n romantiese eiland gaan wees nie . . .

IVAN en Donnalee se paaie het in 2009 op die stel van 7de Laan gekruis. Albei was toe in hul 20’s en van die mees belowende jong akteurs van hul geslag. Dis ook waar aanhangers hulle vir die eerste keer leer ken het en waar hul Hillside-karakters, die blonde kunstenaar Pieter en modepop Annelie, op mekaar verlief sou raak en selfs later sou trou. Toe al was dit vir kykers duidelik die twee maak die mooiste paartjie, maar bespiegeli­ng oor ’n vonk tussen hulle was destyds net wensdenker­y.

Ivan was toe met die aktrise Ciske Kruger getroud. Hulle het mekaar in 2004 as dramastude­nte aan die Tshwane-universite­it van Tegnologie ontmoet. Sy sou later bekend raak vir haar spel in die rolprent Getroud met Rugby en die Bakgat!-fliekreeks.

Hul dogtertjie, Amelie, is in 2009 gebore, maar teen 2012 het hul huwelik op die rotse beland.

Ciske is in 2015 met die sakeman Kristof Kruger getroud. Hulle het hul eersteling, Klara, verlede jaar in Maart verwelkom.

Donnalee is ná ’n sprokiesve­rlowing in New York in November 2010 op Yzerfontei­n aan die Weskus met die entreprene­ur Gerber Strydom getroud. Drie jaar later, in November 2013, het die twee in ’n gesamentli­ke e-pos aan Huisgenoot vertel hul huweliksbo­otjie het gesink. “Ons kan bevestig ons is geskei. Dis ’n b besluit wat ons saam geneem h het omdat ons verskillen­de d dinge uit die lewe wou hê.

“Ons is steeds na aan mek kaar en het albei vrede in ons h hart oor ons besluit,” het hulle i in die verklaring gesê. Gerber h het later weer liefde gevind en i is in 2015 met Minette Scheep pers getroud.

Nadat Ivan en Donnalee alb bei van hul eerste huweliksm maat geskei en 7de Laan verl laat het, het hulle hulle as v vervaardig­ers gevestig en aan h hul eerste fliek begin werk. ’n Bron wat saam met hulle aan Pad na Jou Hart gewerk het, het in dié tyd aan Huisgenoot vertel daar is nie sprake van ’n verhouding nie. En weer die refrein: “Albei hou hul privaat lewe privaat.”

Nog ’n bron na aan die twee beaam

‘Hulle maak ’n mooi paartjie en is gemaklik met mekaar’

kykers het hulle net verbeel daar was toe al ’n vonk tussen die twee. “Gedurende hul tyd by 7de Laan en selfs toe hulle Pad na Jou Hart geskryf het, was hulle net vriende. Hulle het terselfder­tyd deur ’n egskeiding gegaan en het mekaar dus daardeur gesteun – as vriende.”

Maar selfs al was die vonk tussen die twee beperk tot die silwerdoek, het dit aanhangers in hul hordes na rolprentte­aters laat stroom.

Hul fliek van 2014, Pad na Jou Hart, en Vir Altyd (2016) was wegholtref­fers gholtreffe­rs en het albei ’n plek onder die topvyf mees suksesvoll­e Afrikaanse rolprente behaal.

Vir Altyd het boonop loketrekor­ds laat spat met die grootste openingsna­week vir ’n Afrikaanse fliek. Hulle was met albei flieks die vervaardig­ers, draaiboeks­krywers én hoofspeler­s.

Intussen het aanhangers gedurig gewonder: Is hulle nou of is hulle nie?

Waar Ivan en Donnalee ook al heen gegaan het, is hulle met valkoë dopgehou en het mense bespiegel oor of ’n romanse tussen die twee ontwikkel het. En hulle was juis baie saam.

Ook wanneer hulle nie gewerk het nie, het hulle ál meer tyd in mekaar se geselskap deurgebrin­g. Hulle sou spontaan dinge saam doen, saam opdaag vir glansgelee­nthede en het selfs saam oorsee vakansie gehou. En tog, oral waar ’n mens hulle bymekaar gesien het, was hul optrede profession­eel.

“Iets het eers later en met tyd ontwikkel,” verklap ’n bron na aan die twee.

“Hulle was beslis eers vriende. Maar hulle het baie tyd saam deurgebrin­g om hul projekte en flieks, soos Pad na Jou Hart en Vir Altyd, te bemark.

“In ’n stadium was hulle maande lank elke liewe dag in mekaar se geselskap. Dit is natuurlik dat iets diepers sou ontwikkel.”

TOG het die twee soms lekker met die gissings saamgespee­l, soos tydens Huisgenoot se Tempo-toekenning­s in 2014. Hulle het vir hul toneelspel as die karakters Basson en Amory in Pad na Jou Hart die prys vir onderskeid­elik ons lesers se geliefkoos­de rolprentak­trise en -akteur gewen, en ook saam die prys vir die beste sepie oorhandig.

Ivan het dié aand op die verhoog voor Donnalee geknielg en haar vertel hoe m mooi sy lyk. Toe sê hy hy: “Wel, aangesi sien ons praat oor pa paartjies, van 7de La Laan tot op die silw werdoek, wil ek gr graag hierdie gele leentheid gebruik, va vanaand hier . . . vo voor almal . . . om jou te vra . . .”

’ ’n Mens kon ’ n sp speld in Emperors Pa Palace in Kempton Pa Park hoor val. “Sal ons weer ’n paar paartjie speel in ons volgende fliek?” Waarop Donnalee geantwoord het hulle sou moes kyk hoe hy in sy oudisie vaar. Toe maak Ivan sy skoenveter vas, staan doodluiter­s op en gaan voort met die verrigting­s.

Hy het duidelik goed in sy “oudisie” gevaar, want twee jaar later het hulle weer die Huisgenoot-Tempo-toekenning­s vir rolprentak­teur en -aktrise van die jaar gewen, dié keer vir die rol van Hugo en Nina in Vir Altyd.

“Ons deel dieselfde visie en passie vir die rolprentbe­dryf. Ons is albei hardwerken­d, wat dit maklik maak om saam te werk. As kreatiewe skeppers vul ons mekaar goed aan,” het Ivan kort voor die uitreiking van Vir Altyd aan Huisgenoot vertel. In daardie stadium was sy antwoord op die vraag of hy in ’n verhouding is: “Nee, alles op sy tyd.”

Dié tyd sou 10 maande later aanbreek toe Ivan en Donnalee verlede jaar in November besluit om ’n verhouding aan te knoop.

Die twee het hul nuwe verhouding­status steeds geheim gehou, maar uit foto’s wat hulle in die sosiale media gedeel het, was dit duidelik hulle het Kersfees en Nuwejaar saam deurgebrin­g.

“Ek is so bly vir hulle en dat hulle mekaar gevind het. Ek hoop hul pad vorentoe is mooi,” sê Alishia van Deventer van Starburst-promosies, wat Pad na Jou Hart en Vir Altyd se bemarking behartig het. “Hulle komplement­eer mekaar. Ek

wens hulle voorspoed toe en hoop hulle sal sommer gou-gou trou.”

Die afgelope paar jaar het Donnalee en Ivan as ambassadeu­rs van die Sparvrouew­edren ten bate van liefdadigh­eid graag foto’s van hulle saam in hul wedloophem­de aanlyn gedeel om die geleenthei­d, wat vanjaar op 5 Augustus plaasgevin­d het, te bemark.

“Ons wens Donnalee en Ivan die beste toe op die pad wat hulle saam gekies het. Ons weet hulle sal alles wat hulle saam aanpak onselfsugt­ig en voluit doen,” meen die wedloop organiseer­der, Retha Ingenbleek.

“Ons werk lekker saam met hulle omdat hulle die ware betekenis van gemeenskap verstaan. Hulle is altyd bereid om mense in nood te help. Hulle gee meer as net hul tyd.

“Ons is opgewonde dat hulle hierdie groot stap gedoen en hul verhouding met die wêreld gedeel het,” sê Retha. “Ons is trots op hulle.”

DIE paartjie het pas hul verhoogpro­duksie Beurtkrag met vertonings op die Innibos- kunstefees afgesluit. Hierin het hulle Jasper en Fransie gespeel, ’n paartjie wat vir die eerste keer saam intrek en dan deur kragonderb­rekings getref word.

Die twee het die afgelope jaar landwyd daarmee getoer. Toe dié hoofstuk onlangs tot ’n einde kom, het Donnalee Ivan se lof op Instagram besing: “Jy is die talentvols­te mens wat ek ken! Dankie dat ek jou so kon vertrou op die verhoog.

“Dankie dat ons saam kan droom en vir hierdie droom wat waar geword het, vir jou klipharde werk, toewyding en menswees,” het sy geskryf. “Elke projek saam met jou is so ’n groot voorreg. Jy is my grootste inspirasie.”

Hulle is reeds besig met hul derde rolprent en het Clarens in die Oos-Vrystaat vroeër vanjaar besoek op soek na plekke om dit te verfilm.

Ivan het Huisgenoot verlede jaar vertel hy sal met hul volgende rolprent in die regisseurs­toel sit, terwyl Donnalee sal toneelspee­l.

Met Ivan se verjaardag op 13 Desember verlede jaar het Donnalee in ’n verjaardag­boodskap in die sosiale media hom seën toegewens. “Mag oneindig baie guns op jou lewe neerreën en mag elke liewe een van jou drome en wense waarvoor jy so bitter hard werk nie net waar word nie, maar al jou verwagting­e oortref !” het sy geskryf.

“Dankie vir jou mooi hart en gesindheid, dat ek saam met jou kan droom en dat jy my daagliks inspireer – dis ’n voorreg om saam met jou te kan reis.”

En van hierdie reis – een wat nou ook ’n liefdesrei­s is – kan ons eenvoudig nie genoeg kry nie!

 ??  ?? Die sprokiesei­nde het eindelik waar geword toe Ivan Botha vir Donnalee Roberts die jawoord vra. Hulle het in Mei vanjaar in Nederland verloof geraak.
Die sprokiesei­nde het eindelik waar geword toe Ivan Botha vir Donnalee Roberts die jawoord vra. Hulle het in Mei vanjaar in Nederland verloof geraak.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: In 2014 met hul Tempo-toekenning­s vir Pad na Jou Hart. BO: Verlede jaar is hulle met Tempo’s vereer vir hul spel in Vir Altyd.
LINKS: In 2014 met hul Tempo-toekenning­s vir Pad na Jou Hart. BO: Verlede jaar is hulle met Tempo’s vereer vir hul spel in Vir Altyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa